Vraag:
Iemand het ‘n ruk gelede op die gespreksforum geskryf oor sy besoek aan Duitsland. Daar het hy agtergekom dat windkrag gebruik word, boere kry subsidies daarvoor, maar dat die geruis van die windturbines die Duitse boere"tot raserny dryf". Ek verstaan dat daar in Holland ook baie krag deur wind opgewek word. Hoe ervaar julle boere dit?
Jan Bezuidenhout (jbezuide@landbou.com)

Antwoord:
Kees Vlot (keesvlot@gmail.com) skryf:

Ja daar is baie boere in Holland wat ‘n windmole he. Maar 95 % van die molens is nie in eiendom nie. Hulle verhuur die grond waarop hy staan.

Die regering wil duursame energie promoot, en daarom is daar baie subsidies op die molens. Dit is eenvoudig NIE redabel te maak NIE sonder die subsidies.

Gemiddeld kry ‘n boer op ‘n goeie windryke plek so bykans R200 000 tot R275 000 vir die molen per jaar (sonder dat dit eiendom is, en dus geen investeringskoste). Dis ‘n lekker besigheid!

Helaas is dit bijkans onmoontlik om nou nog ‘n windmolen te bouw op jou erf. Hulle gee geen vergunnings meer af. Daar word alleen nog windmolen "parken" gebouw. So omtrend ‘n 10 molens op 1 rij.

Ek dink die geluid sal ni die probleem wees. Jy moet net seker maak jou huis staan ni in die skaduw van die Bladen. Die skaduw van die son sal jou mal maak.

Ek weet hulle gaan nou ‘n groot park bouw, so 15 kilometer uit die kust van Nederland. Baie wind, en nie die lelyke molens in die landskap. Ek het gehoor die molens gaan bijkans 200 meter hoog wees, met vleugels van bykans 70 meter.

Ek woon self tussen die groot steden as Rotterdam, Gouda en Utrecht. Dit sal ni rendabel wees vir my om ‘n molen te bouw. Daar is nie baie wind. In die Noorden is daar baie, dit lyk soos die foto wat ek byvoeg.

Dit is omtrend wat ek weet. Ek het nooit die moonlikheid gekry om daar 1 te bouw, dus het my nooit daarin verdiep. Daarby kom dat hulle min molens meer bouw. Ek dink die regering begin te besef dit kost geld.

8 April 2006


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.