’n Vriend vertel oor ‘n gesprek wat iewers op ’n Facebook-blad gevoer is: Een skaapboer het groot welslae behaal met die flikkerliggies wat hy op sy skape vasgemaak het in sy stryd teen jakkalse. Hy het glo baie minder lammers verloor sedert die liggies ingespan is. Maar, sy verliese in die ranteveld is glo enorm! Hy het homself afgevra hoekom, en tot die gevolgtrekking gekom dat dit rooikatte is wat in die ranteveld onder die lammers maai.

Terwyl die jakkalse bang is vir die flikkerende liggies, beskou die rooikatte dié liggies as ’n uitnoding om te kom vreet!

Is dit feit of fiksie?


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.