As ek ook ‘n noot in die psalm moet gooi. Ek het ‘n tipiese stel hanteringskrale, baie soos op die foto’s van Johan Oberholster.

Probleme wat ek met myne ondervind is die volgende:

  • Om die aandrukkraal te vul, moet daar ten minste 3 mense wees. Hierdie probleem kon uitgeskakel word as dit soos Gerhard Solms s’n was. Die booginlaat met toe kante is bedoel om skape beter te laat vloei en ek glo met die Ausies se gebrek aan arbeid moet dit werk. Verder is daar by my ‘n massiewe peperboom met baie lekker koelte, presies in die middel van die kraal waaruit die aandrukkraal gevul word. Die koelte is baie lekker, maar net tot ‘n skaap al om die boom vir jou weghardloop en jy naderhand besef die skaap jaag eintlik nou vir jou.
  • My drukgang is so 1,0 m wyd. Veral as skaap uitgekeer word of ek weeg, is dit te wyd. Skape in enkelgelid vloei beter omdat daar nie ‘n vernouiing aan die einde van die drukgang is vir uitkeer nie. Met die weegproses sou dit ook beter gewees het as die werker buite die drukgang kon staan, ‘n skaap nie kon omdraai nie en hy dan een-een kon loslaat om geweeg te word. Ek hou nog daarvan om self (of die mens met die entspuit) ook binne die drukgang te wees as ek doseer of ent, maar ek het foto’s waar dames skaap baie effektief en ALLEEN ent terwyl sy buite die drukgang staan. Ek het my bedenkinge of sy my groter ooie so sou kon hanteer, maar aan die ander kant is dit nie hier in Suid-Afrika my vrou se werk nie. Op die meeste foto’s is die drukgang onder nou (sowat 250 mm) en bo wyer (sowat 600 mm) en hoogte so 800 – 900 mm as ek moet raai. Ek sou een van elk, i.e ‘n 250 x 600 x 800 mm en ‘n 900 x 900 mm langs mekaar as die ideaal voorstel.

    Mulder DJ (dassie100@telkomsa.net)


    Lewer kommentaar

    Slegs in Afrikaans

    Los 'n antwoord

    Alle velde moet ingevul word.