Ek sit in Australië en wil net graag weet, is daar rerig ‘n aksie aan die gang van die Regering se kant af om grond terug te vat van boere af, en op watter wyse doen hulle dit sodat oorsee se lande dit nie raaksien nie?

‘n Ander ding, plaasmoorde, hier in Australië so ‘n ruk terug op televisie was ‘n program van Suid-Afrika oor plaasmoorde, en die slotsom van die program was dat plaasmoorde nie rasisties van aard is nie maar net gewone misdaad is, iets wat ek natuurlik nie glo nie. Ek dink daar is te veel wrede plaasmoorde waar niks in elk geval gesteel word nie, net die mense word doodgemaak, lyk my vir die kleur van hulle vel. Dis in elk geval die indruk wat ek kry, hoewel die regering van die dag dit anders sien.

Ek wonder partykeer of daar nie ‘n verskuilde agenda agter alles sit nie, die feit dat die regering nie eintlik iets doen aan die saak nie, as so iets sou gebeur in Australiaësou die regering hier al lank al die wette aangepas het om met die probleem te deel, maar lyk my die Suid- Afrikaanse regering wil niks doen aan die saak nie.

Marius (mienie@optusnet.com.au)

8 April 2006


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.