So paar jare gelede tydens ‘n droogte en dit lekkerder (nie aangenamer) was om twak te praat as om oor boerdery te gesels kom ou Rampie by ‘n skietoegfening na vore met die strikvraag: Wat is die verkil tussen ‘n boer en ‘n Jood?

Kyk, seg hy "as vier boere opie kar klim hie van Bloemhof af Jo’burg toe – dan sit hulle die hele tyd net en vuil grappies vertel, ma as jy vier jode opie selle kar op die selle pad sit dan gesels hulle biesnies van hie tot da".

Hiermee wil ek nou nie ‘n stelling maak dat alle boere net vuil grappies vertel nie, maar die gesindheid van die Jode is eerder van toepassing.

So ‘n paar dae gelede het iemand berig omtrent die Landbou-unie en wettige grondgrypery. Niemand het ‘n sprak gesprook en dit wil my voorkom of ons hier die volstruisbeleid volg: ons druk ons koppe in ‘n gat, dan sien ons mos nie die probleem nie.

Nou vra ek wat van ‘n bietjie biesnies gesels – ja kom ons los die ramme en die windpompe laat hulle so vir ‘n wyle op hulle eie werk.

Die Indunas gaan nie afsien van wettige grondgrypery nie – al maak ons wat en al kyk ons ook op na die Landbou-unie en ander organisasies.

Moet ons dink in terme van 10 % van ons grond of watter persentasie hulle ook al wil gryp, of kan mens nie eerder ‘n tien persent aandeel gee soos in ‘n maatskappy en beheer oor jou grond hou nie want ek sien al klaar mini plakkerskampe op elke plaas.

Is daar iemand wat moontlik al die pad geloop het en kan vertel? Ek dink dis beter om oop oë in so-iets te loop as om toegeknyp wilde spronge in beseringstyd te maak.

Braam (janrudvr@mobileemail.vodafonesa.co.za)

22 Maart 2006


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.