Die foto’s van die skaaphangeringsgeriewe waaraan ek aan gedink het is so groot dat ek ‘n naweek gaan besig wees om dit met my parafien-internet te stuur, so ek stel voor u gaan kyk self daarna op die Internet. Alles wat ek het, kom in elk geval van die Internet af. Hieronder is eintlik meer "leidrade" wat gebruik kan word om die goed te soek m.b.v. ‘n soekenjin.

Die planne en fotos wat ek die interessantste gevind het was van/op die:

  • Australiese Departement van Landbou se webblad.
  • Atlex (www.atlex.com.au)
  • Prattley, ‘n New Seelandse firma wat verskuifbare hanteringsgeriewe maak, sien spesifiek die drukgang wat boontoe wyer word by www.prattley.com.au/html/sheepyards.htm ("adjustable V-drafting race").
  • Technifarm (ook verskuifbare hanteringsgeriewe).
  • Hunzag (verskuifbaar).
  • Metalcorpsteel (verskuifbaar).
  • Tornado Gates (ook verskuifbaar.
  • www.development.tas.gov.au/innovation/6.sheepyards.pdf

    Feitlik almal is van firmas wat verskuifbare hanteringsgeriewe vervaardig met goeie fotos en soms voorbeelde (planne/foto’s) van ‘n hanteringskraal. Ander is wat ek gisteraand vinnig raakgesoek het op die Internet met woorde soos "sheep handling facilties", ens.

    Verder maak sommige van bogenoemde ook wat hulle noem ‘n "sheep handler", ‘n masjien wat die skaap vashou, oplig, omkeer, ens., iets wat ons dalk ook oor ‘n paar jaar in Suid-Afrika gaan nodig kry.

    Ek sluit egter drie fotos in, nl. een van die drukgang wat wyer word boontoe.

    ‘n Verdere een van ‘n uitleg wat ek dink ek by Australiese departement van landbou se webwerf gevind het. Lg. is baie soos die een wat Gerhard Solms gebou het.

    Die derde is ‘n skets van ‘n aandrukkraal wat ek ook al hier en daar gesien en van gehoor het waar twee hekke gebruik word om die aandrukkraal (wat sirkelvormig is) groter en kleiner te maak. Hierdie spesifieke skets kom van ‘n slagplaas-storie af. Ek dink dit het daaroor gegaan hoe om beweging en menslikheid(?) by ‘n slagplaas te verbeter.

    Nog iets wat ek toevallig weer raaksien is die "anti-backing hook/unit" wat ‘n eenvoudiger ding is as om hekkies in die drukgang te sit. Dis nou nie heeltemal ‘n hekkie nie, maar is goedkoper, verg minder arbeid en is dalk in die meeste gevalle voldoende. Dit keer dat ‘n skaap in ‘n enkelgelid-drukgang agteruit kan beweeg. Ek het dit by heelwat van hierdie ouens hierbo se webwerwe teegekom.

    Vir die van ons wat ‘n meer gevorderde stel krale wil hê, gaan kyk gerus na die een by:
    www.smh.com.au/news/National/If-this-pictures-puzzling-you-ask-a-sheep/2005/04/22/1114152326687.html
    .

    Dassie Mulder (dassie100@telkomsa.net)


    Lewer kommentaar

    Slegs in Afrikaans

    Los 'n antwoord

    Alle velde moet ingevul word.