Ek en twee werkers werk maklik met meer as 1 000 stuks kleinvee. Ons spons die ooie hier, asook algemene ent/dosering van kleinvee of die opdeel van die kudde vir paring. Ons werk met Dorpers, Damaras, Karakoelskape en Boerbokke."

Hieronder is foto’s van die geriewe wat hy gebou het. Hy verduidelik:

Wat ek gedoen het is om na die terrein te kyk omdat ‘n mens bv. die afvloei van reënwater in gedagte moet hou. Loop liewers lig vir kleigrond, want die pale trek skeef en dit veroorsaak ‘n pappery in reëntyd. Soek ‘n effense helling vir die water se afloop en die water spoel sommer alle skaapmis uit die krale.

Soek ook na skaduweebome, of rig ‘n struktuur op waar ‘n mens jou hanteringskraal bou, bv. in die veld by ‘n veepos of naby ‘n opstal. Die beskikbaarheid van water vir die vee is ook belangrik. Wil jy diere daar hou of net werk/sorteer/ent/doseer of keur, ens.?

Ek het die krale by ‘n veepos in die veld gebou. Dit is vir algemene werk met die vee en hulle slaap ook daar as ongediertes probleme veroorsaak. Ek het basies die drukgang in die middel geplaas, sodat ek vier groepe diere kan sorteer by die punt, met ‘n opvangkraal by die begin van die drukgang wat tregtervormig na die drukgang toe lei.

Hier is die opvangkraal en die voorkant van die drukgang, asook die hek vir werkers of diere om langs die drukgang te beweeg vir werk of vir rondskuif. Die opvangkraal moet met ‘n hoek na die drukgang se punt loop om diere maklik in te kry. Die drukgang se vloer en kante (buite) waarop geloop word, is met platklip en sement gebou. Plaas altyd die sifdraad aan die binnekant van die opvangkraal en die drukgang sodat diere die sifdraad nie uitdruk nie. Nou keer staaldraad drukking. Die hekke word met kettings om die pale vasgemaak.

Die drukgang is sowat 25 m lank en 90 cm breed, maar daar moet nog ‘n hek in die middel van die drukgang kom om diere in twee groepe te kan verdeel en keer dat hulle mekaar nie so van agter druk nie. Voor by die uitgang is vier hekke só geplaas dat ‘n mens die vee in vier groepe kan sorteer. Een mens hanteer dié hekke maklik.

Dié foto’s hieronder wys die hekplasing vir die sortering van kleinvee.

Die waterkrip.

J Oberholster (joberholster@unam.na)

6 Maart 2006


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.