Vir baie van julle gaan hierdie half sotlik klink maar lees maar eers!

Vriende van my is besig om ‘n aanleg te bou om met vlieë te boer. Wat gebeur is dat daar miljoene der miljoene aangehou word, die eiers word opgevang en in ‘n mengsel geplaas om larwes te word. In die larwe-stadium word die larwes geoes (voordat hulle papies word).

Die larwes moet dan gedroog word en verpak word. Alles word gedoen aangesien hierdie larwes ‘n beduidende hoër proteïen-inhoud het as bv. vismeel (ek dink so) wat redelik skaars begin raak het.

Nou vir die kruks van die saak. Kan enige van julle ons dalk help met die volgende:
1. Wat is die mees doeltreffende manier om die larwes te oes?
2. Wat gaan die beste manier wees om die larwes te droog? Dit moet ‘n redelike vinnige proses wees en moet so funksioneer dat die larwes nie gebrand word nie – dit sal die proteïen-inhoud benadeel.
3. Enige webwerwe van besighede wat dit op so ‘n groot skaal doen?

Daar is nog vrae, maar ons begin vir eers by bogenoemde.

PG (pg.lourens@sasol.com)


Kommentaar

Kommentaar (2) “Gaan met vlieë boer

  1. Corne
    Corne

    Hoop gaan goed?
    Ek sal ook meer wil uitvind asb. Benodig wurms/maaiers vir hoenders.
    Dankie en groete, Corne (cdpsafaris@vodamail.co.za)

  2. Johnny Huebsch
    Johnny Huebsch

    Sif met glasdeksel in die son sal dit baie vinnig droog!! Hoe kan ek begin hiermee? Watter tempratuur moet dit uitbroei?
    Baie dankie,
    Johnny Huebsch


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.