Naby Radium op die Springbokvlakte boer mnr. Julius Grobler en sy vrou stoksiel-alleenop ‘n stukkie grond, onder andere met Dorpers. Oom Julius het vir hom ‘n drukgang gebou, ‘n voetdip, spuitdip en laaibank wat kan rondskuif en talle ander patente wat só ontwerp is het dat hulle al die skape kan dip, spuit, weeg en op hul bakkie kan laai sonder enige hulp.

Ky na die meegaande foto’s. Die drukgang is bv. só dat jy met hekkies wat van bo af skuif, elke skaap apart kan hê sonder dat hy sy kop onder ‘n ander insteek of omdraai, ens. Die laaibank het wiele en jy kan oplaai waar jy wil. Sy skaal is self gebou en pas ook in die drukgang. Selfs sy waterbak het wiele en word vinnig gesleep na die kamp waar die skape loop en gekoppel en skoon water is altyd beskikbaar. Alles met die minimum koste en baie doeltreffend.

Die drukgang (hieronder). Dit is gemaak van materiaal wat beskikbaar was. Die man se skape oornag in ‘n groot stoor wat binne in verdeel is en word dan uit die stoor in die drukgang gejaag. Uit die drukgang kan die skape na die voetbad, spreidip of kampe gejaag word. Die afskortings agter en voor die skaap kan opgelig word.

Die bak van die skaal. Dit pas presies in die drukgang.

 

Hierdie is die laaibank wat presies op sy voertuig pas.

 

 

Die verskuifbare waterbak.

 

Leonie (jakkelsdraf@telkomsa.net)


Kommentaar

Kommentaar (9) “Boerepatente en skaap-hanteringsgeriewe

  1. Lalie Nel
    Lalie Nel

    Ek is opsoek na spesifikasies om my eie skaapdrukgang te maak. die binnewydt, hoogte van sporte ens. Kan iemand my asb. help? Baie dankie.

  2. Geys Mac Donald
    Geys Mac Donald

    Ek begin ‘n skaap voerkraal maar soek asb fotos en voorbeelde oor hoe ek my hanteerings fasaliteit en drukgang moet bou sodat ek met minimum stres aan die diere en arbeid groot hoeveelhede skaap so vinnig as moontlik kan prosseseer.

  3. Johan schoultz
    Johan schoultz

    Ek hou hiervan.Ons is sk eppend. God se beelddraer, moet net ons verstand gebruik!

  4. Tobie Bosman
    Tobie Bosman

    Ek sal graag met Geys Mac Donald in aanraking kom. ( Hy het onder “kommentaar” gereageer}

    Is daar n manier om met Julius Grobler kontak te maak?

  5. Jasper Esterhuysen
    Jasper Esterhuysen

    Kan iemand my help met mates vir drukgang vir skape asb. Hoogte, binnewydte en hoogte van sporte. Dankie

  6. burt klopper
    burt klopper

    ek kan geen fotos sien nie, is dit verwyder?

  7. Anonymous
    Anonymous

    Die foto’s het ongelukkig weggeval met die oorbou van die webwerf. Ek soek dit en sal dit weer hier publiseer. Groete, jan bez, landbou.com

  8. Janbez

    Burt en ander lesers: Leonie Kellerman van
    Polokwane het destyds die foto’s ingestuur. Besoek die volgende webwerf om dit te beskou.
    http://www.facebook.com/groups/335988440263/?fref=ts
    Jan Bez, landbou.com

  9.  HENRY
    HENRY

    Janbez as jy kan stuur vir my die fotos van die skaap-hanteringsgeriewe


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.