Hoodia Gordonii word in Europa en Amerika as ‘n eetlusdemper gebruik, maar omdat talle boere nie weet van die waarde van dié produk nie, kry hulle belaglike pryse daarvoor. Dit groei in die Karoo, maar word ook in die Noord-Kaap aangetref.

Moenie toelaat dat die mense dit net afsny vir bitter min geld nie, dit is nie net onwettig nie, maar asook oneties.

As jy dink dat jy dalk Hoodia Gordonii het op jou plaas het, kontak ons gerus en ons sal vir ‘n inspeksie reël om dit te bevestig. Ons sal advies gee en help met die registrasie, want dit is ‘n beheerde plant.

Eugene Muller (eugene@opus-export.co.za).

22 Maart 2006


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.