Naweek ná naweek sien jy die spanne in die Super-rugbykompetisie kragte meet. En wat nogal opvallend is, is die name van borge op die spanne se een mou, op die bo-arm. Veral die landbou-maatskappye. En tatoeëermerke.

Jy sien hoe Coenie Oosthuizen van die Cheetahs ’n tonnel deur die opponente se span oophardloop, so met die Sparta-borg op sy mou. Dis nogal ‘n goeie, maar toevallige, kombinasie!

Die Bulle draf weer met Afgri se embleem op die arm uit. En een van die Australiese spanne het die Massey Ferguson-embleem op die bo-arm.

Die Cheetahs het natuurlik ook vir Toyota as hoofborg – met die naam voor die bors.

En selfs op skolevlak sien jy die name van landbou-borge op die truie. Dis voorwaar ’n plek om jou pond vleis (by wyse van spreke) te gaan uitstal.

* As jy so na al die rugbyspelers se arms kyk, lyk dit of daar nie ’n tatoeëer-salon in Bloemfontein is  nie – nie dat ’n mens juis omgee nie!

Sparta, ek bedoel Cheetahs. bo!