Waar Kaapstad sy tone in Tafelbaai druk, is heelwat grond jare gelede drooggelê. In 1937 is begin om die nuwe Tafelbaaise hawe te bou, waarvoor 195 ha grond drooggelê is. Die leier van dié span droogleggers was die befaamde mnr. Coen Steytler.

Op van dié herwinde grond staan nou heelwat van die hoogste geboue wat vandag in die Kaapse middestad pronk.

Dié drooggelegde grond behoort seker aan Neptunus, die god van die see in die Romeinse mitologie?

Maar, met die grondeise wat nou weer oopgestel is, wonder ’n mens wie namens Neptunus nou dié prima hektare van die duurste grond in Suid-Afrika gaan opeis? Dié grond is tog ná die afsnydatum van 1913 drooggelê?

Ek wonder maar net!


Kommentaar

Kommentaar (2) “Aan wie behoort dié grond?

  1. mkruger
    mkruger

    Jy verstaan nie mooi nie. Hulle moes die grond vir die drooglegging seker van iewers af inry. Al was dit net vir bogrond. Ek hoop hulle het dit van een plek af ingery anders gaan ons meer eiese kry as wat die slim manne kan hanteer…

  2. Willem Smit
    Willem Smit

    Ek vermoed die rommmel van distik 6 is ook hier gestort?

    Beteken dit dat die voormalige distik 6 inwoners dan ook kan aanspraak maak?


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.