Skep, of skryf jou eie Boereblog hier, of lees wat ander bloggers op die hart het.

Skryf 'n blog
  • PAMPOENBOER SE MELKKOEI IS IN DIE PUT: Vroeg in Desember 1975 begin die Suid-Afrikaanse weermag met Operasie Savannah en binne 33 dae het die Suid-Afrikaanse Weermag so ver as 3 200 km in Angola opbeweeg. Toe kom daar ‘n sein deur dat Frik Hattingh en die res van sy buddies nie op 7 Januarie 1976 gaan uitklaar nie. Hulle sou eers in Maart van daardie jaar uit Angola onttrek word. Toe Frik uiteindelik weer op die plaas aankom, was dit te laat om by enige akademiese instelling in te skryf. Hy moes noodgedwonge maar tyd op die plaas verwyl tot die volgende akademiese jaar sou begin. Tot oom Piet se ergernis was Frik uit die bosoorlog maar die bosoorlog was nie uit Frik nie.

    | Nog blogs deur hierdie skrywer
    Vrydag 25 Augustus 2017
    • Minder Weiding

      Deur Danie C

      Die goeie klimaat en grond, is besig om die, eens tradisionele beesweidingstreek, te verander in “n landbougebied.

      | Nog blogs deur hierdie skrywer
      Sondag 20 Augustus 2017
      • LINDLEY SE SPRINGBOKKE: Op ‘n spanfoto van 1927 van Lindley se rugbyspan staan die mees junior lid van die span, die sestienjarige Craven, heel links in die agterste ry langs sy broer, J Craven. In die voorste ry sit die kaptein, Lappies Hattingh, met die bal op sy skoot. Aan die voete van die voorste ry staan vier trofeë op ‘n kombers. Dié formidabele span van Lindley wen daardie jaar die Reitz Uitdaagbeker, die Noordelike Distrikte-beker, die Vrystaatse Plattelandse-beker en is ook saam met Collegians van Bloemfontein die wenners van die Vrystaatse Groot Uitdaagbeker.

        | Nog blogs deur hierdie skrywer
        Maandag 14 Augustus 2017
        • Ribbes en nog Ribbes

          Deur Danie C

          Die laaste Sondag van Julie, hou die gemeenskap van die dorp, Naranjal, in die ooste van Paraguay, die fees van die ribbes.

          | Nog blogs deur hierdie skrywer
          Maandag 31 Julie 2017
          • Vandag krap ek weer in die argiewe rond en kom toe af op hierdie storie wat ek destyds in 2012 geskryf het! Dit was lank gelede en daar het soveel goeters intussen gebeur, soveel water onder deur die brug geloop. Die lewe het sy klappe uitgedeel en ek het ontvang. Vandag mis ek my pagoed so baie, want ek gaan vanaand vir my ’n avodip maak van die avos van die einste boom wat ek ’n paar jaar gelede wou uitkap, en pagoed het gekeer! Dan gaan ek ’n Robin Williams movie kyk net om bietjie te lag en te vergeet van die hartseer en gemis. Robin het gesê dat die ongelukkigste mense altyd die hardste probeer om mense happy te maak, want hulle weet hoe dit voel om absoluut useless te voel en hulle wil nie hê dat enigiemand so moet voel nie! Die sadste van alles is dat my pa nooit die voorreg gehad het om te proe hoe die boom, wat hy wou beskerm, se avos proe nie. Hoe graag sou ek nie net een avo saam met my pagoed wou deel nie! Vandag kan ek vir my pa sê, daardie boom sal NOOIT uitgekap word nie, dit dra nie baie vrugte nie, miskien so 10 tot 15 per seisoen, maar dit is die lekkerste avos wat ek nog ooit geproe het, en die tikkoppies kom steel nie jou avos nie, want hulle ken nie daai besigheid nie – hulle laaik lamoene!! Daar is soveel ander goed wat ek graag vir my pagoed sou wou vertel, van die liefde in my lewe, dat ek uiteindelik weer happy is, maar dis die lewe, jou tyd is jou tyd! Moenie blomme op my graf kom sit nie, gee vir my blomme terwyl ek nog by jou is! Hier volg 2012 se storie!

            | Nog blogs deur hierdie skrywer
            Maandag 24 Julie 2017
            • SUPER SAREL SE SPOEDREKORD: Daar is verskeie tipes landspoedrekords maar terug in die verlede was die gewildste rekord die “flying mile” wat op gewone openbare paaie opgestel is en die reëls was eenvoudig: die drywer moet binne ‘n sekere tyd in beide rigtings oor ‘n afgemete afstand (een myl of een kilometer) ry en as die gemiddelde spoed van beide lope meer as een persent vinniger as die vorige rekord is, staan die nuwe rekord agter die drywer se naam. Op 30 November 1988, vyf dae voor sy 42ste verjaarsdag, skryf Sarel van der Merwe die Suid-Afrikaanse flying mile spoedrekord agter sy naam met ‘n gemodifiseerde Audi 2.2 Turbo op die R59 tussen Hoopstad en Bothaville.

              | Nog blogs deur hierdie skrywer
              Donderdag 29 Junie 2017
              • ‘n MEERKAT BY VERKYKERSKOP: Sir Percy Fitzpatrick sterf op 24 Januarie 1931 op die ouderdom van 68 jaar en word op sy plaas naby Uitenhage begrawe. Wanneer mense hom gevra het hoekom hy nie weer na sy ouers se land van herkoms teruggekeer het nie, het hy net geantwoord: “I would rather be a meerkat in Africa, than a millionaire in England.”

                | Nog blogs deur hierdie skrywer
                Donderdag 1 Junie 2017
                • DRIE BENNIES: Op Saterdagoggend, 3 Mei 1947, verlaat ‘n vragmotor vol opgewonde hoërskoolseuns Vryburg van waar hulle vroeër voor die Grand Hotel bymekaar gekom het. Dit is twee rugbyspanne wat met ‘n toe militêre vragmotor op pad is om kragte teen hul medeskoliere op Christiana te gaan meet. Net voor die spoorwegoorgang by Ferndale sien die drie voorste insittendes aan hul regterkant ‘n stoomlokomotief en die hoek van hulle uitsig laat dit lyk of die trein langs die halte se perron staan. Die trein het helaas nie stilgestaan nie maar teen 45 mpu deur die Ferndale-halte gestoom!

                  | Nog blogs deur hierdie skrywer
                  Dinsdag 2 Mei 2017