Alle inskrywings deur Deur Klippie Spies

  • STORIES VAN IN EN OM DIE VRYSTAAT (9)

    Deur Klippie Spies

    PIET BOTHA KAN OOK GEWELD GEBRUIK: Met die uitbreek van die rebellie in September 1914 bevind Piet Botha hom by Pilansberg Polisiestasie, naby die huidige Sun City. Op ‘n spesifieke dag is sy kollegas, ‘n sersant en ‘n konstabel, uit om geïdentifiseerde rebelle te gaan arresteer. Ondertussen daag 18 rebelle daar op en val die stasie van buite af aan waarna hy homself binne-in ‘n buitekamer ingrawe. Hulle dreig dat hulle geweld sal gebruik om hom uit die buitekamer te kry. Hierop was Piet Botha se antwoord eenvoudig dat hyself ook in staat is om geweld te kan gebruik indien dit nodig sou raak.

    |
    Maandag 7 November 2016
    • STORIES VAN IN EN OM DIE VRYSTAAT (8)

      Deur Klippie Spies

      DIE KLEIN KERKIE: The Little Church is ‘n gedenkteken ter nagedagtenis van die dapperheid van die 28-jarige Llandaff Mathew wat in ‘n rotsstorting by ‘n steenkoolmyn naby Dundee omgekom het. Hy het ‘n heldedood gesterf toe hy agt vasgekeerde myners gered het. Vandaar die agt sitplekke in die kerkie.

      |
      Sondag 9 Oktober 2016
      • STORIES VAN IN EN OM DIE VRYSTAAT (7)

        Deur Klippie Spies

        COALBROOK SE KRAKE: 21 Januarie 1960 het as ‘n gewone dag vir Tom Cairncross begin. Hy het ná ‘n paar besoeke by aanklagkantore, hospitale en lykhuise op soek na nuus, hom verder telefonies besig gehou met omliggende “kontakte”, toe ’n oproep van die destydse Vaaldriehoek deurkom en die konstabel hom inlig oor krake wat in paaie in die Vanderbijlpark-omgewing voorkom en dat hy verneem het van ’n moontlike mynramp aan die Vrystaatkant van die Vaalrivier, naby Sasolburg.

        |
        Maandag 5 September 2016
        • STORIES VAN IN EN OM DIE VRYSTAAT (6)

          Deur Klippie Spies

          BANKROTSKAP RY DAKOTA BLOOTS: Ten spyte van hul onwrikbare betroubaarheid, faal ‘n Dakota vroegaand van 12 April 1988 en stort in ‘n vlammebol op die plaas, Sussex Estates, van mnr. George Hills buite Hennenman neer. Nadat dit 200 meter verder voort gegly het, kom dit tot stilstand en ontplof. Nie een van die 24 mense aan boord oorleef die ongeluk nie.

          |
          Sondag 7 Augustus 2016
          • STORIES VAN IN EN OM DIE VRYSTAAT (5)

            Deur Klippie Spies

            VERRADELIKE KOEëLS EN ‘N MINNARES: In Boshof se ou begraafplaas is daar onder andere die grafte van die Franse soldaat, generaal George Henri Anne-Marie Victor de Villebois-Mareuil en sersant Patrick Campbell. Dit is, soos elders oor die hele Vrystaat, op die oog af net nog grafte van onbekende gesneuweldes van die Anglo-Boereoorlog maar dit is helaas swygende merkers van twee figure met uiteenlopende verwysingsraamwerke wie se lewens hier teenoor mekaar op dieselfde dag tot ‘n doodloop gekom het.

            |
            Sondag 17 Julie 2016
            • STORIES VAN IN EN OM DIE VRYSTAAT (4)

              Deur Klippie Spies

              WITS VAL IN PUKKE SE KRATER: Die bevestiging van die Vredefort koepel as ’n meteoriet impakterrein kon maar bietjie meer as 20 jaar gelede eers bo alle twyfel gedoen word. Wits se geoloë het aanvanklik die afleiding gemaak dat dit ‘n vulkaniese gebeurtenis moes gewees het. Die PUK se geoloë het weer die teorie aangehang dat dit ‘n meteorietimpak moes gewees het.

              |
              Maandag 27 Junie 2016
              • STORIES VAN IN EN OM DIE VRYSTAAT (3)

                Deur Klippie Spies

                STOFSTORM TROEF LE MANS-WENNER: Glen Kidston het die noodlot onder die water, op die water, op land en ook in die lug uitgedaag. Na verskeie rakelingse skermutselings met die dood is sy kanse almal opgebruik toe hy een spesifieke oggend in ‘n stofstorm naby Van Reenen beland en sy geleende vliegtuig met rampspoedige gevolge na benede tuimel.

                |
                Vrydag 27 Mei 2016
                • STORIES VAN IN EN OM DIE VRYSTAAT (2)

                  Deur Klippie Spies

                  GROOT RUGBY OP BURGERSDORP: Burgersdorp se eerste blootstelling aan internasionale rugby was ‘n besoek van die Britse Eilande (by retrospek die Britse Leeus) tydens hul toer van 1910 maar toe kom die GROTE sestig jaar later in 1970. Op ‘n helder sonskyn Woensdagmiddag, die 2de September, hardloop die All Blacks eenvoudig weg met die wedstryd en seëvier met 85 – 0 oor die Noord-Oos Kaap se span. Hulle trakteer die skare van 4 000 mense met 17 drieë, wat toe nog drie punte getel het.

                  |
                  Dinsdag 17 Mei 2016
                  • STORIES VAN IN EN OM DIE VRYSTAAT (1)

                    Deur Klippie Spies

                    VAN PLETTENBERG SE BAKEN: In 1778 is ‘n baken op die vlaktes van die Karoo in die naam van goeweneur Van Plettenberg opgerig. Die doel daarvan was tweeledig: eerstens om aan te toon dat Van Plettenberg daar was en tweedens om die noordelike grens van die Verenigde Oost-Indiesche Compagnie (VOC) se gebied van die “Land van Bosjesmans en wilde Hottentots” aan te dui.

                    |
                    Maandag 9 Mei 2016