Alle inskrywings deur Deur Klippie Spies

  • STORIES VAN IN EN OM DIE VRYSTAAT (19)

    Deur Klippie Spies

    PAMPOENBOER SE MELKKOEI IS IN DIE PUT: Vroeg in Desember 1975 begin die Suid-Afrikaanse weermag met Operasie Savannah en binne 33 dae het die Suid-Afrikaanse Weermag so ver as 3 200 km in Angola opbeweeg. Toe kom daar ‘n sein deur dat Frik Hattingh en die res van sy buddies nie op 7 Januarie 1976 gaan uitklaar nie. Hulle sou eers in Maart van daardie jaar uit Angola onttrek word. Toe Frik uiteindelik weer op die plaas aankom, was dit te laat om by enige akademiese instelling in te skryf. Hy moes noodgedwonge maar tyd op die plaas verwyl tot die volgende akademiese jaar sou begin. Tot oom Piet se ergernis was Frik uit die bosoorlog maar die bosoorlog was nie uit Frik nie.

    |
    Vrydag 25 Augustus 2017
    • STORIES VAN IN EN OM DIE VRYSTAAT (18)

      Deur Klippie Spies

      LINDLEY SE SPRINGBOKKE: Op ‘n spanfoto van 1927 van Lindley se rugbyspan staan die mees junior lid van die span, die sestienjarige Craven, heel links in die agterste ry langs sy broer, J Craven. In die voorste ry sit die kaptein, Lappies Hattingh, met die bal op sy skoot. Aan die voete van die voorste ry staan vier trofeë op ‘n kombers. Dié formidabele span van Lindley wen daardie jaar die Reitz Uitdaagbeker, die Noordelike Distrikte-beker, die Vrystaatse Plattelandse-beker en is ook saam met Collegians van Bloemfontein die wenners van die Vrystaatse Groot Uitdaagbeker.

      |
      Maandag 14 Augustus 2017
      • STORIES VAN IN EN OM DIE VRYSTAAT (17)

        Deur Klippie Spies

        SUPER SAREL SE SPOEDREKORD: Daar is verskeie tipes landspoedrekords maar terug in die verlede was die gewildste rekord die “flying mile” wat op gewone openbare paaie opgestel is en die reëls was eenvoudig: die drywer moet binne ‘n sekere tyd in beide rigtings oor ‘n afgemete afstand (een myl of een kilometer) ry en as die gemiddelde spoed van beide lope meer as een persent vinniger as die vorige rekord is, staan die nuwe rekord agter die drywer se naam. Op 30 November 1988, vyf dae voor sy 42ste verjaarsdag, skryf Sarel van der Merwe die Suid-Afrikaanse flying mile spoedrekord agter sy naam met ‘n gemodifiseerde Audi 2.2 Turbo op die R59 tussen Hoopstad en Bothaville.

        |
        Donderdag 29 Junie 2017
        • STORIES VAN IN EN OM DIE VRYSTAAT (16)

          Deur Klippie Spies

          ‘n MEERKAT BY VERKYKERSKOP: Sir Percy Fitzpatrick sterf op 24 Januarie 1931 op die ouderdom van 68 jaar en word op sy plaas naby Uitenhage begrawe. Wanneer mense hom gevra het hoekom hy nie weer na sy ouers se land van herkoms teruggekeer het nie, het hy net geantwoord: “I would rather be a meerkat in Africa, than a millionaire in England.”

          |
          Donderdag 1 Junie 2017
          • STORIES VAN IN EN OM DIE VRYSTAAT (15)

            Deur Klippie Spies

            DRIE BENNIES: Op Saterdagoggend, 3 Mei 1947, verlaat ‘n vragmotor vol opgewonde hoërskoolseuns Vryburg van waar hulle vroeër voor die Grand Hotel bymekaar gekom het. Dit is twee rugbyspanne wat met ‘n toe militêre vragmotor op pad is om kragte teen hul medeskoliere op Christiana te gaan meet. Net voor die spoorwegoorgang by Ferndale sien die drie voorste insittendes aan hul regterkant ‘n stoomlokomotief en die hoek van hulle uitsig laat dit lyk of die trein langs die halte se perron staan. Die trein het helaas nie stilgestaan nie maar teen 45 mpu deur die Ferndale-halte gestoom!

            |
            Dinsdag 2 Mei 2017
            • STORIES VAN IN EN OM DIE VRYSTAAT (14)

              Deur Klippie Spies

              OLIEKRISIS SORG VIR VUURWERKE: Vir die klomp koshuiskinders wat in die sewentigerjare tydens die oliekrisis uit Bothaville, Viljoenskroon, Vierfontein en Parys in Potchefstroom skoolgegaan het, was koshuisnaweke se gaan haal en terugvatte ‘n logistieke nagmerrie gewees. Daar moes op ‘n Vrydagmiddag betyds weer by die tuisdorp volgemaak word om Sondag heen en weer Potchefstroom toe te kon ry en teen 80 kpu het dit ‘n ewigheid geduur om ‘n bestemming te bereik. Die bykomende frustrasie was dat ‘n adrenalienbelaaide khakiegestalte met ‘n hand omhoog uit enige bos langs die pad kon spring.

              |
              Sondag 26 Maart 2017
              • STORIES VAN IN EN OM DIE VRYSTAAT (13)

                Deur Klippie Spies

                KOM VANSELF TOT STILSTAND: Saam met die wolboere se voorspoed in die vyftigerjare het daar ook ‘n padveiligheidsprobleem op die land se paaie ontwikkel. Die mate van roekeloosheid wat begin inkruip het, het die owerhede genoop om ‘n veldtog van stapel te stuur om al die klomp nuwe bestuurders meer bewus van padveiligheid te maak. Oom Louis van Dyk het al hierdie gepropageerde wenke ter harte geneem. Dit was in hom ingeprent toe hy in 1956 ‘n telegram kry dat sy skeersel op ‘n sekere dag op die katalogus aangebied gaan word.

                |
                Sondag 26 Februarie 2017
                • STORIES VAN IN EN OM DIE VRYSTAAT (12)

                  Deur Klippie Spies

                  CORNELIA SE DONKERWOLK: Toe Cornelia se skoolklok op 12 Desember 1947 vir die laaste keer daardie jaar gelui het was die lug blou en dit was warm. Later die middag was daar wit wolke wat plek-plek die blou lug uit maskeer het en daar was geen aanduiding van reën nie. Later die middag raak ‘n veraf rammeling net-net hoorbaar maar só sag dat dit ‘n kar op die R103 ook kon gewees het. Die rammelings het geleidelik meer spesifiek begin raak terwyl wit wolke reg bokant Cornelia die blou lug begin verdring het. Mettertyd het die rammelings nog harder geword en oor Tafelkop het die lug verstommend vinnig donker geraak.

                  |
                  Woensdag 1 Februarie 2017
                  • STORIES VAN IN EN OM DIE VRYSTAAT (11)

                    Deur Klippie Spies

                    DIE POUS WIL OP KROONSTAD PIEPIE: Die nuus vroeg in 1988 dat Pous Johannes Paulus II in September van daardie jaar Lesotho sou besoek het landswyd ‘n reuse geskarrel tot gevolg gehad. Hoewel die Suid-Afrikaanse (apartheids-) regering belang gestel het om hom te ontvang, het die plaaslike Katolieke Kerk gemeen hulle kan meer waarde uit ‘n boikot van die besoek kry as uit ‘n besoek self. Kort na die opstyging in Gaborone (Botswana), op pad na Lesotho, raak die vlug as gevolg van slegte weer so rof dat dit na Johannesburg moes uitwyk. Daar het ‘n stralende Pik Botha gewag om ‘n baie ongemaklike Pous te verwelkom.

                    |
                    Donderdag 5 Januarie 2017
                    • STORIES VAN IN EN OM DIE VRYSTAAT (10)

                      Deur Klippie Spies

                      REBELSE AROMA OP KOFFIEFONTEIN: Die eerste ding wat ‘n besoeker opval wanneer hy Koffiefontein binnery, is die reuse-koffiepot onder die dorp se naambord. ‘n Ent verder ry jy ook verby die muurpanele met die Italiaanse diktator Mussolini en die laaste Italiaanse koning, Emmanuel II. Dit is byna al wat oor is van die interneringskamp wat tydens die Tweede Wêreldoorlog op die dorp bestaan het.

                      |
                      Dinsdag 6 Desember 2016