Alle inskrywings deur Deur Jan Bezuidenhout

  • Vertoonkuns op skoue

    Deur Jan Bezuidenhout

    Hoe beskryf ’n mens vertoonkuns op skoue? En wat let jy op van hoe deelnemers optree? Die vermoë, of ingebore vaardigheid, om vee of ander diere op ’n skou te vertoon; om dit vir belangstellendes en die beoordelaars te vertoon. Om in die arena een met dié dier te word om sy/haar beste eienskappe na […]

    |
    Donderdag 8 November 2012
    • Sir Richard van Wellwood

      Deur Jan Bezuidenhout

      Die foto van ‘n Merinoram wat teen R190 000 verkoop is, in die 10 Oktober-uitgawe van Landbouweekblad, het heelwat goeie herinneringe gebaar. Dié ram, van die bekende Wellwood Merinostoetery van Graaff-Reinet, is deur ’n aantal kopers aangeskaf teen ’n prys wat die vorige beste prys in die stof laat byt het. Sommer ver. Op die foto […]

      |
      Maandag 29 Oktober 2012
      • Geld en verbrokkelde drome

        Deur Jan Bezuidenhout

        In gesprekke met boere wat geld belê het in wyle Herman Pretorius se RVAF-fonds, waarvan sowat R2 miljard nou soek is, sien jy watse uitwerking geld op die mens kan hê. Of jy nou ryk of arm is, of iewers tussen-in. Kyk maar na die armste van arm mense wat in die dorp en stad […]

        |
        Vrydag 19 Oktober 2012
        • Die Chinese les oor voedsel

          Deur Jan Bezuidenhout

          In die lees van ’n boek oor swak besluite wat bekendes in die geskiedenis gemaak het, kan jy nie anders as om paralelle te trek met die moderne tyd nie. In die lees van die hoofstuk in dié boek* oor Mao TseTung met sy “Great Leap Forward”, kry ’n mens ‘n beklemdheid hier om die […]

          |
          Maandag 1 Oktober 2012
          • Medalje vir boerdery?

            Deur Jan Bezuidenhout

            As daar ooit ’n medalje vir boerdery uitgeloof sou word, sou dit heerlik wees om te sien dat om Duncan Mattushek se nek gehang word, a la Olimpiese Spele. Duncan boer in die distrik Waikato in Nieu-Seeland. Hy maak melkverse vir melkboerderye groot, totdat die verse dragtig is. Ons skryf nou en dan vir mekaar. […]

            |
            Dinsdag 4 September 2012
            • Die voer van plaasvee

              Deur Jan Bezuidenhout

              Die naweek loop ek ‘n ou boek raak met die titel Die voer van plaasvee deur J.W. Groenewald. Die skrywer was ten tyde van die skryf van die boek professor in Voedingsleer, Fakulteit Veeartsenykunde; hoof van die Nutrisie Navorsingseksie, Onderstepoort. Die boek met sy 349 bladsye het ongelukkig nie ‘n publikasiedatum nie, maar dat dit […]

              |
              Dinsdag 14 Februarie 2012
              • Wreedheid voor Kersfees

                Deur Jan Bezuidenhout

                Dié week voor Kersfees was nie altyd maklik nie: Nie as ‘n mens dit meet aan die wreedheid van die mens, wat jou keel laat toetrek nie. Die eerste salvo van ekstreme wreedheid is vroeër die week gevuur deur veediewe wat op ‘n paar beeste op ‘n plaas in die distrik Fochville toegeslaan het. Hulle […]

                |
                Donderdag 22 Desember 2011
                • Plaas sonder Eskom-krag

                  Deur Jan Bezuidenhout

                  In ‘n heerlike gesprek met Charl Saunderson, ‘n Dorperteler van Kenhardt wat pas saam met sy pa, Sarel, aangewys is as Voermol se Skaapboer van die Jaar, kon ek my verbasing kwalik bedek. Hoekom? Charl boer in dié verafgeleë deel van die land, en ons gesels oor sy gebruik van die iPad wat hy vir […]

                  |
                  Dinsdag 29 November 2011
                  • Die beeld van die boer

                    Deur Jan Bezuidenhout

                    Die veelbesproke beeld van die boer (lees maar die landbou) was die onderwerp van ‘n internasionale peiling deur die landbou-reus BASF. Een van die bevindinge in die verslag is dat verbruikers se belangstelling in die landbou, en persoonlike respek vir boere hoog is, selfs in lande waar net 2% van die bevolking in dié sektor […]

                    |
                    Woensdag 9 November 2011
                    • Waar is die anti-frackers?

                      Deur Jan Bezuidenhout

                      Waar is die mense wat teen “fracking” in die Karoo gekant is? Vanoggend lui ‘n berig op News24.com dat slegs ses mense by ‘n protes-aksie teen hidro-breking by die ingang na die Kaapse Waterfront opgedaag het. Intussen het die Treasure the Karoo Aksie Groep (TKAG) hofstukke ingedien om die samestelling van die “geheime” taakspan vir […]

                      |
                      Dinsdag 1 November 2011