‘Aikona transformasie sonder titelaktes’

Deur Nico van Burick
23 Mei 2017
As nuwe boere nie titelaktes kry nie, is transformasie nie moontlik nie, sê mnr. Jannie de Villiers van Graan SA.

Werklike radikale ekonomiese transformasie in die landbou is net moontlik as swart boere eiendomsreg op  grond ontvang sodat dit hulle kan bemagtig om toegang tot finansiering te kry, sê mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA.

De Villiers het by die Nampo-Oesdag buite Bothaville oor die graanbedryf en grondhervorming gepraat.

“As nuwe boere nie titekaktes kry nie is transformasie nie moontlik nie. Dit is die kruks van die saak om nuwe boere te vestig.”

♦ Lees ook De Villiers se siening oor die mielieprys, wat verder gaan versleg voordat beter dae sal volg.


Kommentaar

Kommentaar (2) “‘Aikona transformasie sonder titelaktes’

  1. sekelbos
    sekelbos

    Die regering sit met n dilemma, gee hulle die transportaktes vir die begunstigde is die kans groot dat hy dit vinnig weer aan n suksesvolle kommersiele boer (meestal wit) gaan verkoop.Die begunstigde sien gou hy gaan dit nie maak op die plaas nie.
    Redes is soos almal weet geen/min ondersteuning deur die staat en gebrek aan kennis/ondervinding/ bestuurvermoe aan die kant van die begunstigde.

  2. Brakanjan
    Brakanjan

    Sekelbos het inderdaad ‘n punt beet wat my laat dink aan aandele wat aan sekere mense uitgedeel word wat dan dit met ‘n wins aan blankes verkoop. Nou is die aandeelhouding skeefgetrek in die guns van ‘verkeerde’ ras. Ander punte wat ek graag wil uitlig is, as die regerende party titelaktes gee, gaan hy nie meer so lekker stemme kan koop nie. Tog, ek sien titelaktes in ‘n goeie lig. Die plaas is nou jou eiendom, maak met dit wat jy wil, boer, verkoop, uithuur, ens. Die mense wat begunstig word is dan ook nie meer onder die beheer van sy stamkapteins en gemeenskap nie en sal hul eiendom beter oppas. Die beste van alles, sy vee en sy plante is sy eiendom en meng nie met ander mense se [siek] diere of plante nie. Dis net my beskeie mening deels gebaseer op ander artikel ‘ANC sloer opsetlik met grondhervorming’ en ‘n artikel oor siek diere op meentgronde.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels