Vra vir Faffa

Vlooiprobleem

Vraag

Ek gebruik die bekendste maak opgietmiddel vir vlooie en bosluise op my Duitse Herdershonde. Hulle dra ook elkeen 'n halsband vir vlooie en bosluise. Ek vind dat hulle vir slegs twee weke redelik skoon is en dan begin die gekrap weer. Wat kan ek nog gebruik? Is daar nie iets wat die honde se bloed bitter maak nie? (L. Kellermann, jakkelsdraf@telkomsa.net)

Antwoord

Vraag:
Ek gebruik die bekendste maak opgietmiddel vir vlooie en bosluise op my Duitse Herdershonde. Hulle dra ook elkeen ‘n halsband vir vlooie en bosluise. Ek vind dat hulle vir slegs twee weke redelik skoon is en dan begin die gekrap weer. Wat kan ek nog gebruik? Is daar nie iets wat die honde se bloed bitter maak nie? (L. Kellermann, jakkelsdraf@telkomsa.net)

Antwoord:
Die probleem met vlooie is dat hulle ook ‘n omgewingsprobleem is. Sonder omgewingsbehandeling sal die probleem nooit opgelos word nie. Ek stel voor dat jy voortgaan met die opgietmiddel wat jy gebruik, of wissel dalk die opgietmiddel-produk af om die vlooie aan ‘n ander aktiewe middel bloot te stel.

Was die honde se komberse en laat dit in die son droog word. Versprei vlooipoeier in die honde se hokke of waar hulle slaap. Daar is ook middels by veeartse beskikbaar wat die lewensiklus van die vlooi sal breek en dus die probleem oor ‘n tyd sal oplos.

20 Januarie 2005


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X