Vra vir Faffa

Vis as hondekos?

Vraag

Kan 'n mens varswatervis, soos karp, vir honde gee as voeding? Sommige mense sê dit droog die hond se vel uit en dan verloor hy soveel meer hare. Ander mense meen dis baie goed en hulle gee selfs die visolie vir hul honde. Dit bevat mos baie proteïene en verbeter die hond se velkondisie. Wat stel u voor? - Leon Engelbrecht

Antwoord

Vraag:
Kan ‘n mens varswatervis, soos karp, vir honde gee as voeding? Sommige mense sê dit droog die hond se vel uit en dan verloor hy soveel meer hare. Ander mense meen dis baie goed en hulle gee selfs die visolie vir hul honde. Dit bevat mos baie proteïene en verbeter die hond se velkondisie. Wat stel u voor? – Leon Engelbrecht

Antwoord:
Vis kan beslis nie as die hond se enigste kossoort gegee word nie. Om net vis te vreet, is totaal ongebalanseerd en dit sal nie al die nodige voedingstowwe verskaf wat die hond nodig het nie. Die rede hiervoor is dat vis nie sekere aminosure en vitamiene bevat nie. Vis kan wel as as deel van ‘n gebalanseerde voedingsprogram gegee word, hoewel dit baie moeilik is om ‘n gebalanseerde dieet tuis te formuleer.

Visolie bevat omega-3 vetsure wat belangrik is vir ‘n goeie nierfunksie en dit sal ook ‘n uitwerking op die hond se vel hê. Dit is moontlik dat sekere honde allergies kan wees vir vis. By sulke honde sal dit as ‘n velprobleem voorkom.

Om op te som; vis alleen kan nie as ‘n dieet vir ‘n hond gegee word nie. Die kan wel gebruik word om ‘n dieet mee aan te vul.

20 Januarie 2005


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X