Vra vir Faffa

Verwerking van bloed by ‘n abattoir

Vraag

Ek werk vir ‘n abattoir in Potgietersrus en sal meer wil uitvind oor bloed. Wat kan met die diere se bloed gemaak word? Is daar dalk al so artikel oor verwerking van bloed geskryf? Kan bloed herwin word en kan iets bruikbaars daarmee gemaak word?

Antwoord

Alle bloed in SA is afgekeurde materiaal en moet dus verwerk word volgens die vereistes vir afgekeurde materiaal onder Wet 40 van 2000 (Vleisveiligheidswet).

In sekere Europese lande word bloed gekollekteer vir menslike gebruik, veral varkbloed vir die maak van bloedwors (kontinentale Europa / “black pudding” in Engeland), ens. Dit word egter streng volgens sekere voorwaardes gedoen en hierdie stel reëls is nie tans wettig in SA nie, d.w.s. nie ‘n opsie hier nie.

Die beste gebruik vir bloed in SA is vir die maak van dierevoer, maar hier is die beperking dat bloed volledig gesteriliseer moet word tot bloedmeel in ‘n goedgekeurde “rendering plant” en dat honde en/of katkos alleenlik daarvan gemaak kan word, aangesien die voer van bloedmeel bevattende voer aan herbivore nie wetting is onder Wet 36 van 1947 (FCDA) nie a.g.v. Scrapievirus (skape jeuk), BSE (malkoeisiekte), ens. Bemestingstowwe / kompos kan ook vervaardig word met bloedmeel, maar dan weereens slegs na goedgekeurde sterilisasie tot meel. Daar is baie proewe tans vir alternatiewe gebruik: voer van vliegmaaiers om hoedervoer mee te vervaardig, alkaliese hidroliese, bio-gasproduksie, ens. – ongelukkig algar met variërende sukses.

D.w.s. bloed is ongelukkig tans in SA ‘n abattoir byproduk met min tot geen waarde, wat ongelukkig meer kos om van ontslae te raak, as wat mens finansieel daaruit kan maak.

Geskryf deur:

Dr. Hein Nel (B.V.Sc)
Executive Director: Agency for Food Safety
P.O. Box 35224, Menlo Park, 0102
296 The Hillside Street, Lynnwood, Pretoria
Tel +27 (0) 87 238 1909 / Fax +27 (0) 86 231 0391
Cell Phone +27 (0) 82 907 1143
Email: hnel@icloud.com
Website: http://www.agencyforfoodsafety.co.za

5 Julie 2018


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X