Vra vir Faffa

Trachyandra spp. vergiftiging

Vraag

Ek is al moedeloos en raad-op en weet nie meer wat om te doen nie. Dit gaan oor die rolbos wat skaap vreet en dan verlam raak en op hope vrek. Ek en my man is nou beginnerboere en het hierdie jaar oor die 200 skaap verloor en dit is nie ‘n grap nie. Wat kan ‘n mens vir die skaap ingee? Ek het al alles probeer, maar niks help nie. Sodra jy die bossie uithaal, versprei hy eers. Weet jy van iets wat ek kan doen?

Antwoord

Die plant wat in Namibië voorkom, is Tachyandra laxa en T. divaricata kom in die Wes-Kaap voor.

Vir foto’s van Tachyandra spp. klik op onderstaande webadres.

 

http://www.google.co.za/search?hl=en&site=imghp&tbm=isch&source=hp&biw=1600&bih=775&q=trachyandra&oq=Tachyandra&gs_l=img.1.0.0i10i24.2699.9065.0.11104.10.10.0.0.0.0.636.2938.3j2j1j0j1j3.10.0…0.0…1ac.1.8aolo44qbXo#imgrc=mZ6o73-n_PWzIM%3A%3BNTdR1pncrsZS-M%3Bhttp%253A%252F%252Fsophy.u-3mrs.fr%252FAfriqsud%252FPhoto-cpAFS%252FT%252FTrachyandra_________________27_09_2003_4.JPG%3Bhttp%253A%252F%252Fsophy.u-3mrs.fr%252FAfriqsud%252FHI6.HTM%3B640%3B511

 

Die plante het sagte vleesagtige blare wat in rosette gerankskik is. T. divaricata het plat blare terwyl T. laxa silindriese blare het. Die bloeiwyse is groot en vertak met klein wit blommetjies wat later kapsules word. T.laxa word later ‘n tolbos.

 

Die plante is smaaklik in die vroeë groeiseisoen en uitbreke van vergiftiging geskied met oorbeweiding in die droë maande Augustus tot Desember. Die voorkoms van die siekte hou gewoonlik op na die aanvang van goeie reën en verbetering van weiding.

 

Eksperimenteel is die siekte in ‘n skaap verwek nadat die skaap vir 6 maande van die vars gesnyde plante gevoer is.  ‘n Perd is ook gevoer en na 6 weke het die perd siektetekens begin wys.

 

Beeste, skape, perde en varke is al aangetas in die Wes-Kaap en Namibië. Kliniese tekens in die verskillende spesies is baie dieselfde. In die beginstadium beweeg diere moeilik en buig die kootgewrigte oor, wys oorgevoeligheid en spiersametrekkings. As  perde, wat hierdie tekens wys, lig geoefen word, verbeter of verdwyn die tekens. Die perde word gou moeg en haal swaar asem. Met tye wys sekere diere oor-buiging of oor-strekking van gewrigte en spastiese bewegings van die agterbene. Gevorderde verlamming tree in en diere gaan lê op hulle mae. Geaffekteerde diere vrek a.g.v. verhongering, blootstelling of sekondêre komplikasies een tot 3 maande na die aanvang van die eerste siektetekens. Met behoorlike voeding of verbeterde weiding kan diere met vroeë siektetekens na 6 maande herstel. Sommige diere mag net gedeeltelik herstel en mag ‘n lam ledemaat oorhou.

 

Daar is geen spesifieke behandeling vir die vergiftiging nie behalwe om die siekte te bestuur.

 

Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)

 

31 Januarie 2013


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X