Vra vir Faffa

Swembad omskep as visdam

Vraag

Ek het ‘n swembad en wil weet of ek visse daarin kan sit? Is dit toelaatbaar en is die bestaande filterstelsel reg om te gebruik?

Antwoord

Ons het nog nie self ondervinding hiermee nie, maar ons het bietjie gaan krap en dit wil voorkom of dit redelik algemeen gedoen word (omskepping van swembaddens tot visdamme).

Loer byvoorbeeld hier:

https://permaculturenews.org/2009/07/21/convert-your-eco-unfriendly-swimming-pool-into-a-biologically-active-and-attractive-fish-farm/

http://www.rainharvest.co.za/2012/12/convert-your-unused-swimming-pool-to-a-natural-pool-save-money/

http://homeguides.sfgate.com/ideas-converting-inground-pool-pond-97093.html

http://www.happykoi.co.za/how_to_build_a_koi_pond/converting_swimming_pools/how_to_convert_your_pool_into_a_koi_pond.htm

Wat die filterstelsel betref, dink ek jy sal ‘n kenner moet nader. Ek sou egter veranderinge aanbeveel, soos om die water eers deur ‘n aantal bakke of kleiner damme met waterplante in te laat sirkuleer, voor dit deur ‘n filterstelsel gaan (m.a.w. ‘n meer biologiese aanslag). As jy grootliks biologies gaan, sal die onderhoud aan filters ook baie minder wees.

Wat wetgewing betref, is ek nie seker nie. As jy ornamentele visse wil aanhou glo ek nie dit sal ‘n probleem wees nie. As jy vis vir voedsel wil kweek sal dit die moeite werd wees om kenners te kontak. Probeer gerus:

Casper Kruger

Tel no: 012 259 3904
Mobile no:083 315 8707 -083 294 9914
Email: fisheries@absamail.co.za
Website: www.fisherieshbp.com
VOIP: new website on www.fisherieshbp.com
MSN: new website on www.fisherieshbp.com

Geskryf deur:

Dr. Dionne Crafford (PhD Zoology)

Registered with SACNASP as Professional Natural Scientist (registration number 400146/14)

CATHSSETA accredited Generic Adventure Site Guide (fly fishing)

Trading as:

The Inked Feather (writing services)

Feather, Fur and Fly (fly tying and fly fishing tuïtion and guiding services)

Mobile: 084 501 3693

30 Junie 2018

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X