Vra vir Faffa

Simptome van hartwater

Vraag

Wat is die simptome van hartwater, en hoe lank voor die tyd kan hierdie simptome geïdentifiseer word?

Antwoord

Vraag: Wat is die simptome van hartwater, en hoe lank voor die tyd kan hierdie simptome geïdentifiseer word? Is daar ‘n entstof hiervoor, of moet die normale bosluis-plaagbeheer toegepas word?

Antwoord: Diere wat hartwater het sal minder vreet, lusteloos lyk en sal agter bly as hulle aangejaag word. Die dier sal ook ‘n koors hê. ‘n Interessante waarneming van die koors is dat dit twee pieke het, waar die tydperk tussen-in nog ‘n normale temperatuur wys. Diere sukkel om asem te haal en sal baie gaan staan, met die tong uitgesteek.

‘n Groot daling sal in melkproduksie plaasvind en soms sal die oë rooi bloedspatsels vertoon.

Die koorsreaksie en lusteloosheid is die eerste simptome wat sigbaar sal wees, en as die dier in hierdie stadium behandel word, is die kanse op herstel goed.

Daar is ‘n lewendige entstof beskikbaar wat gebruik kan word. Bosluisbeheer moet beslis toegepas word om die bosluisgetalle in toom te hou.

20 Januarie 2005


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X