Vra vir Faffa

Prolapse by henne

Vraag

Ek het Boschveldhoenders wat vrylopend is. Nou het ek al twee henne gehad wat 'n groot ronde sak groter as 'n tennisbal onder haar agterkant het - amper deurskynend - dit hang amper op die grond. Die vorige een is dood maar hierdie een loop nog rond en eet. Wat kan dit wees asb?

Antwoord

As ‘n hen ‘n eier lê,  stulp die vagina in die kloaka uit om die eier vry te stel. As daar ‘n besering van die vagina ontstaan soos deur bv. ‘n groot dubbeldooreier of as die hen te vet is, mag die vagina nie onmiddellik saamtrek nie en word die vagina buite die hen sigbaar as ‘n rooi ballonnetjie. Die uitstulpende orgaan word gewoonlik gepik deur ander henne (kannibalisme) en dit is moontlik dat die hele eierleier en ‘n gedeelte van die dermkanaal uit die buikholte gepluk kan word. Bloeding by die kloaakopening is die resultaat van ‘n gepik deur ander henne.

Wat ook kan gebeur, is dat die vagina swel en nie kan terugtrek nie. Die orgaan word dan sigbaar (prolaps) en word in Engels ‘n “blow out” genoem. Gewoonlik gaan die hen dood van skok.

Prolapse word dikwels geassosieer met oormatige of te vroeë ligstimulasie, swak uniformiteit van henne se liggaamsmassas, te vroeg begin om eiers te lê (te klein henne), groot eiers, dubbeldooreiers en oorvet henne.

Kannibalisme kan verhoed word deur snawels te knip, die bestuur van ligintensiteit, deur oorbevolking van henne  en voedingstekorte te verhoed.

Bron: MSD Veterinary manual

http://www.msdvetmanual.com/poultry/disorders-of-the-reproductive-system/prolapse-of-the-oviduct-in-poultry

Saamgestel deur: Dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)

22 Januarie 2018


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X