Vra vir Faffa

Vra 'n vraag Indeks van antwoorde

DR. FAFFA MALAN

Dr. Faffa Malan kan beskryf word as Suid-Afrika se eerste virtuele veearts. Hy is ’n vorige Landboukundige van die Jaar van Landbouskrywers SA en gewilde vriend van talle boere in Suid-Afrika en sy buurlande. (Let wel: Diere word nie behandel op Vra vir Faffa nie, kontak jou eie veearts.)

  • Skape het opgeswelde gesigte

    Ons het hier vier skape waarvan die gesig en ore opgeswel is. Verlede jaar was daar ook van hulle wat dié simptome gewys het. Advies was dat dit slangbyt is. Ons weet nie regtig wat dit is nie en weet ook nie wat om daaromtrent te doen nie. - Alwyn de Beer (bovlei@lando.co.za)
    • Malkopsiekte by kleinvee

      Verduidelik asb. wat is presies die oorsaak van malkopsiekte by kleinvee. Diere toon die volgende tekens van mal wees: Hou die kop omhoog in die lug en draai gedurig in 'n sirkel. Hulle het min eetlus en stamp teen enige voorwerpe asof die diere blind is. Hoe kan dit behandel en hoe kan dit vermy word? - Charles Urip (alltech@iway.na)
      • Oplossing vir skaap-reuke

        Weens diefstal was ek verplig om my skaapkraal baie naby aan my woning te maak. Die kraal word elke dag uitgevee en die mis verwyder. Wat kan ek spuit of doen om die skaapreuk minder te maak? - L.Kellermann (jakkelsdraf@telkomsa.net)
        • Gesoek: Handboek oor veesiektes

          Jare terug was 'n boek beskikbaar met die titel: Veesiektes in Suider-Afrika. Is dié boek nog beskikbaar, en waar? Ek het in die stad gewerk en wil nou 'n bestaansboerdery aan die gang kry. Ek vind dat dinge baie verander het en dat ek moet terug skool toe! Ek beoog om 'n klein boerdery met hoenders, varke en skape op tou te sit op klein skaal met moontlik kleinskaal groente en ander gewasse om kontantvloei 'n hupstoot te gee Ek…
          • Oogsiektes

            Kan blesbokke oogsiektes dra en of na beeste versprei? - Christo Smit
            • Vis as hondekos?

              Kan 'n mens varswatervis, soos karp, vir honde gee as voeding? Sommige mense sê dit droog die hond se vel uit en dan verloor hy soveel meer hare. Ander mense meen dis baie goed en hulle gee selfs die visolie vir hul honde. Dit bevat mos baie proteïene en verbeter die hond se velkondisie. Wat stel u voor? - Leon Engelbrecht
              • Simptome van hartwater

                Wat is die simptome van hartwater, en hoe lank voor die tyd kan hierdie simptome geïdentifiseer word?
                • Vlooiprobleem

                  Ek gebruik die bekendste maak opgietmiddel vir vlooie en bosluise op my Duitse Herdershonde. Hulle dra ook elkeen 'n halsband vir vlooie en bosluise. Ek vind dat hulle vir slegs twee weke redelik skoon is en dan begin die gekrap weer. Wat kan ek nog gebruik? Is daar nie iets wat die honde se bloed bitter maak nie? (L. Kellermann, jakkelsdraf@telkomsa.net)
                  • Bosluisprobleem

                    Ek sien nie bosluise op my beeste in die winter nie, maar ek het tog 'n baie groot bosluisprobleem in die somer. Wat kan die rede hiervoor wees?
                    • Spons-, milt- en lamsiekte

                      Ek moet my diere binnekort teen sponssiekte, miltsiekte en lamsiekte inent. Watter voorsorgmaatreëls moet ek tref?

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X