Vra vir Faffa

Vra 'n vraag Indeks van antwoorde

DR. FAFFA MALAN

Dr. Faffa Malan kan beskryf word as Suid-Afrika se eerste virtuele veearts. Hy is ’n vorige Landboukundige van die Jaar van Landbouskrywers SA en gewilde vriend van talle boere in Suid-Afrika en sy buurlande. (Let wel: Diere word nie behandel op Vra vir Faffa nie, kontak jou eie veearts.)

  • Dikkop-sponssiekte by beeste, skape

    Dikkop-sponssiekte by beeste, skape Vraag: Is Onderstepoort se Dikkop-entstof en Multiclos vir dieselfde virus? - G.J. Vlok(simbra@telkomsa.net)
    • Stockholm-teer

      Ek het die raad gekry om bokke en skape Stockholm-teer in te gee as 'n doseermiddel. Wat ek al gesien het, is dat die skape en bokke mooi verhaar en hulle lyk sommer gesond vir 'n tyd. Dit lyk vir my dit help ook vir bosluise. Het dit miskien enige newe-effekte? - Wilfred Olivier (willo@africaonline.com.na)
      • Brucellose: Wat staan ons te doen?

        Ons het tydelik van KwaZulu-Natal na Nieu-Seeland verhuis. My ouers sien om na ons melkkoeie en doen dit uitstekend. Die enigste vlieg in die salf is dat Brucellose sowat 'n jaar gelede in die kudde uitgebreek het. Ek weet uit gesprekke wat ek met my ouers gehad het dat hulle sover alles in hulle vermoë gedoen het om te help. My vraag is wat staan hulle te doen en is daar mense in die landbou-dieregesondheidsbedryf wat sal omgee om hulle…
        • Beeste blaas op van lusern

          Wat doen 'n mens as jou beeste lusern op die land gevreet het en dan opblaas? - André (AndreCr@nissan.co.za)
          • Behandeling vir Parafilaria bovicola

            Ek het 'n bees wat drie aktiewe uitvloeisels het, gekoop. Hoe moet ek nou te werk gaan om van die parasiete ontslae te raak? Sal dit na ander diere versprei? - Johan de Lange (johan.delange@aunde.co.za)
            • Geeldikkop by skape

              Watter voorkoming en behandeling kan vir geeldikkop toegepas word? - Adriaan (n13147w@iafrica.com.na)
              • Skaapbestuur: Hoe gemaak?

                Ek woon naby Cullinan, en elke oggend as ek by die kraal kom, is daar 'n skaap dood. Teen watter siektes moet ek hulle inent en wanneer? Hulle word gereeld ontwurm en ek het hulle ook teen bloednier geënt. Hoe gereeld moet ek hulle teen ander siektes inent? Dankie vir 'n puik rubriek. - Stanly Ehlers (sehlers@postino.up.ac.za)
                • Pasteurella-inenting: Wanneer?

                  Ek boer in die Noordwes-provinsie. Wanneer moet ek my kudde teen pasteurella inent? Moet die hele kudde ooie en lammers ingeënt word? - Willie Jones
                  • Spuit vir spons-, milt- en lamsiekte

                    Hoe gereeld moet spons-, milt- en lamsiek gespuit word? Watter soort medikasie word aanbeveel? - Hennie Graaff (hennie.graaff@unilever.co.za)
                    • Rekkies vir ramlammers

                      Ons sit rekkies om die sak van ramlammers ná lam. Die probleem is dat die oudste lammers reeds twee maande oud is en die sak reeds groot is. Die skape het in die somer gelam en dit was baie warm gewees. Ons het meer as 30 lammers verloor wat net dood lê by die suipings. Kan dit wees dat die lammers te groot is vir die rekkies en wat veroorsaak die vrektes? - Theo la Grange (theolg@telkomsa.net)

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X