Vra vir Faffa

Oplossing vir skaap-reuke

Vraag

Weens diefstal was ek verplig om my skaapkraal baie naby aan my woning te maak. Die kraal word elke dag uitgevee en die mis verwyder. Wat kan ek spuit of doen om die skaapreuk minder te maak? - L.Kellermann (jakkelsdraf@telkomsa.net)

Antwoord

Vraag:
Weens diefstal was ek verplig om my skaapkraal baie naby aan my woning te maak. Die kraal word elke dag uitgevee en die mis verwyder. Wat kan ek spuit of doen om die skaapreuk minder te maak? – L.Kellermann (jakkelsdraf@telkomsa.net)

Antwoord:
Die reuk word veroorsaak deur die ammoniakdampe van die uriene. Wat ook gebeur as die mis baie nat raak, is dat bakteriese groei en ‘n gistingsproses plaasvind wat reuke afgee.

Ek stel voor dat u vir goeie dreinering sorg deur fyn gruis in die kraal in te ry en dan kan u selfs ook landboukalk inmeng. As daar ‘n skadunet met ‘n helling van 30 grade oor die kraal gespan word, loop die water af en is die vloer na die reën ook nie so nat nie.

In Nieu-Seeland is duurder produkte beskikbaar wat reuke verwyder: Bel dr. Glynn Catton by 012 665 5157 of besoek die webwerf www.odourcontrol.co.nz/range.htm vir meer besonderhede.

As u die vloer wil ontsmet en kieme wil doodmaak, beveel ek die produk Glutasept van Intervet aan.

3 Februarie 2005


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X