Vra vir Faffa

Muggies kos boere miljarde

Vraag

Kan u meer inligting verskaf oor die heersende muggieplaag wat langs riviere voorkom.

Antwoord

 

Riviermuggies
Verspreiding
In Suid-Afrika is daar drie groepe bloedsuiende muggies, wat ‘n las is vir mens en dier. Culicoides, Leptoconops en Simulium. Net die wyfies van hierdie muggies val mense en diere aan.
Die Culicoides-soorte is volop in die warm somermaande. Hulle voed hoofsaaklik in die skemerte en snags. Hulle teel onder meer in klam beesmis en modder wat ryk is aan organiese materiaal en dra virussiektes soos bloutong en perdesiekte oor.
Die Leptoconops-muggies kom veral in die lentemaande voor. Hulle voed bedags. Teel gewoonlik in sand met ‘n ho? soutgehalte en word dikwels in seisoenale waterlope in dorre gebiede aangetref. Hierdie muggies het al ‘n plaag geword in die omgewing van De Aar, Williston, Aliwal-Noord en Walvisbaai. In die duineveld by Stilbaai en aan die Weskus by Mamre word ‘n groter Leptoconops-soort aangetref wat blykbaar in die duinesand teel.
Die Simulium-muggies is algemeen bekend as riviermuggies of swartvliegies en daar is verkeie soorte wat mense en diere in die dag veral langs die Vis-, die Vaal- en die Oranjerivier, wat betreklik vinnig vloei, pla. Probleemkolle kom in die omgewing van Prieska tot onderkant die Augrabieswaterval voor en dié probleemstrook strek tot 80 km aan weerskante van die rivier. Wind speel ‘n groot rol in die verspreiding van die muggies. Die muggiespitstye is veral vanaf September tot Desember, maar in re?njare word probleme ook in die herfs en winter ondervind. Weeklikse opnames van larwebevolkings in die rivier naby Upington het getoon dat muggielarwes reeds aan die einde van Julie begin toeneem, met ‘n spitstyd in Augustus.
Riviermuggies teel net in lopende water en hul lewensloop sluit ‘n eierstadium, verskeie larwestadia, ‘n papiestadiium en die volwasse mannetjies en wyfies in. Die eier-, die larwe- en die papiestadium word in die water deurgebring.
Larwes en papies van die belangrikste pesspesie, S. chutteri, word hoofsaaklik gevind in vinnig vloeiende water, soos stroomversnellings, waar hulle aan klippe en drywende plante vasheg.
Oorsaak
Die belangrikste faktor wat tot die muggieprobleem lei, selfs in minder enstige probleemstreke, is ho? watervloei in die riviere. Koeler , bewolkte en vogtige weerstoestande en, in sekere omstandighede, sterk winde wat minder voorkom, kan die aktiwiteite van die muggies nader aan die rivier laat toeneem.
Voordat die bestaande damme in die riviere gebou is, het die watervlak van die riviere van nature gewissel. Die Visrivier het byvoorbeeld in die dro? tye van die jaar tot stilstand gekom en só uiters ongunstige toestande geskep vir die suksesvolle ontwikkeling van die watergebonde stadia van die muggies.
Ná die voltooiing van die damme word water nou opgegaar en vloede in groot mate beheer. Dit verseker ‘n konstante watervloei in die riviere en besproeiingskanale, wat aan die muggies ideale toestande bied om feitlik die hele jaar te teel. Gevolglik het die muggiegetalle aansienlik toegeneem sodat hulle veral ná die winter ‘n plaag kan word. Die muggieplaag het dus tot groot hoogte deur die mens se toedoen ‘n probleem geword.
Simptome
Kwaai muggiebyte kan uitgeken word aan bloederige korse in die ore, terwyl soortgelyke letsels om die o? en die neus kan voorkom. Bytplekke is dikwels ook op die uier en skrotum sigbaar. Sekondêre infeksies ontstaan soms en vererger die letsels.
Wanneer vee deur groot getalle muggies aangeval word, kan die intense irritasie lei tot verliese in melkproduksie, of in eierproduksie by kleinvee. Pasgebore lammers kan sterf, ooie kan belang in hul lammers verloor en ramme kan onwillig raak om te paar. Voorts kan die skape só ge?rriteer word dat hulle nie bedags wei nie, maar in bondels staan of lê. Dit alles lei tot aansienlike produksieverliese vir die boer.
Bestryding
Beheer van volwasse muggies op vee
Tans is verskeie sintetiese piretro?ede geregistreer om muggies by beeste te beheer, maar by kleinvee bly dit ‘n probleem, want tot dusver is net enkele middels vir dié doel geregistreeer.
Die beweeglikheid van die muggies en dat hulle in spitstye ‘n plaag in riviere word en met hul knaende teenwoordigheid kleinvee irriteer, lei daartoe dat hulle moeilik beheer kan word.
Watervlakmanipulasie
‘n Praktiese en natuurlike metode vir beheer van riviermuggies is om te sorg dat die watervlak van die groot riviere van tyd tot tyd wissel. Dit kan gedoen word deur die water periodiek by die groot keerwalle af te sluit. Sulke stappe het die uitdroging, en dus die vernietiging, van groot getalle van die onbeweeglike papies tot gevolg. Daar is ook aanduidings dat selfs die groter larwes deur die wisseling van die watervlak ontwrig word, nie weer maklik aan substrate vasheg nie en tot niet gaan.
Die doeltreffendheid van watervlakmanipulasie hang af van die duur en opeenvolging van die afsluitings en is die effektiefste naaste aan die damwal omdat dalings dáár drasties is. Wanneer damwalle egter oorloop, vloede afgekeer moet word, of gedurende kwaai droogtes, kan dié metode nie toegepas word nie.
In die Vaalrivier, waar die damme betreklik naby mekaar gele? is, bied dié metode goeie beheer.
Effektiewe afsluitings van die P.K. le Rouxdam in die plaaggeteisterde Oranjerivier is vir veral die Benede-Oranjeriviergebied feitlik onuitvoerbaar. Redes is ondermeer die lang afstande tussen die groot damme en die plaasgeteisterde gedeeltes sodat die water lank laat loop moet word ná ‘n afsluiting, die té lae inhoudsvermo? van die Boegoebergdam, die uitgebreide verbouing van wintergewasse, watervereistes vir spilpuntbesproeiing, die steeds groeiende vraag na besproeiingswater, langbesproeiingspitstye vir ‘n verskeidenheid gewasse en die betreklik dro? klimaat van veral Noord-Kaapland. Hierbenewens skep die onvoorspelbare opwekking van hidro-elektriese krag deur Eskom probleme met die beplanning van afsluitings. In die Oranjerivier word enkele beperkte waterafsluitings in die wintermaande tog toegepas omdat verdamping en besproeiingsbehoeftes dan laer is. Dit sal hopelik verligting bring vir die gedeeltes naaste aan die dam.
Behandeling van riviere met selektiewe larwedoders
Twee beproefde middels word al etlike jare met sukses in Wes-Afrika gebruik. Die een is ‘n spoorsuspensie van die bakterie Bacillus thuringiensis var. israelensis (B.t.i.) en die ander ‘n organofosfaat bekend as Temefos. Albei is bio-afbreekbaar en baie selektief vir filtervoedende insekte soos muggielarwes.
Aanvanklike proewe met B.t.i. in die Vaal-, die Vis-, die Oranje- en die Pienaarsrivier was net deels suksesvol aangesien troebelwater of water met ‘n ho? chloorinhoud, die doeltreffendheid van die middel verminder. ‘n Nuwe, hoogs gekonsentreerde formule van B.t.i. wat nie vooraf met water verdun hoef te word nie, is nou beskikbaar. Die middel is in Julie 1991 teen ho? koste op groot skaal met sukses in die Oranjerivier getoets. Die tweede middel, Temefos, wat meer as helfte goedkoper is, moet nog op groot skaal getoets word.
Elke beheermetode hang egter af van die tyd van toediening sodat die grootste uitwerking teen die laagste koste verkry kan word. ‘n Kombinasie van watervlakmanipulasie en larwedoders, toegepas op strategiese tye van die jaar, behoort ‘n bevredigende oplossing vir die probleem te bied. Navorsing hiervoor duur voort.
Geskryf deur: prof Gareth Bath en dr. Jan de Wet
Bron: De Wet, J en Bath, G. 1994. Kleinveesiektes. Tafelberguitgewers. ISBNB 0 624 03203 5
Lees ook:
http://www.valentbiosciences.com/learning_center/learning_center.asp?lc_section=vectobac&flash=vectobac
 
Hieronder volg inligting oor die huidige (Oktober 2011) stand van sake betreffende die muggieplaag
 
                                 Muggies in die benede Oranjerivier
 
Dis duidelik vir almal dat muggies vanjaar vroeg in die seisoen al in groot getalle teenwoordig is en ‘n geweldige las is vir mens en dier. Hier is meer inligting oor muggies en die beheer daarvan.
Die woord muggies word algemeen gebruik om lastige klein vlie?nde insekte te beskryf. In werklikheid is daar 3 soorte muggies.
Die ware muggies (Culicoides spp.) lyk soos ‘n klein muskiet en is snags aktief. Hierdie muggies kom saans te voorskyn in groot swerms. Dis hierdie tipe muggie wat verantwoordelik is vir die oordraging van Bloutong en Afrika Perdesiekte.
Leptoconops muggies is soortgelyk aan Culicoides maar is gedurende die dag aktief.
Riviermuggies (Simulium spp.) in Engels bekend as “Blackflies” en” nuisance flies” is by verre die algemeenste soort in die benede Oranje. Hierdie muggies is bedags aktief en veroorsaak ‘n pynlike byt. Die muggies wat ons tans ervaar, is van hierdie soort. Hulle broei uit in water wat vinnig vloei oor klipperige areas soos wat algemeen voorkom in stroomversnellings. Vloedtoestande is ook gunstig vir die uitbroei van hierdie insekte.
Hoewel riviermuggies sommige veesiektes kan help versprei, dra hulle geen siektes direk oor nie. Die onophoudelike en pynvolle gebyt van duisende muggies het egter ‘n baie negatiewe uitwerking op vee. Energie word spandeer om van die muggies te vlug in plaas van om te wei. Dit lei tot verlies van kondisie en reproduksie neem af. Aanhoudende gebyt op die ore en gesig van diere vorm later korsagtige seerplekke wat kan ontsteek. Diere, veral lammers kan self vrek onder erge omstandighede.
Die beheer van die riviermuggies staan op 2 bene. Die beheer van die larwes en papies in die riviere en die beheer van die volwasse muggies by die vee. Om die larwes en papies te beheer, verg grootskaalse behandeling van die riviere met middels wat die onvolwasse muggies doodmaak. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye is hiervoorvoor verantwoordelik. Die Oranjerivier word weekliks gemonitor en die hoeveelheid larwes bepaal. Wanneer getalle styg word die rivier behandel. Dit word gewoonlik 2 tot 5 keer per jaar gedoen.
Die effek wat die volwasse muggies op vee het. kan beperk word deur diere te behandel met dipstowwe wat piretro?ede (bv. deltametrien, sipermetrien, alfametrien) bevat. Verskeie middels is beskikbaar in die mark en hierdie dipstowwe is geregisteer vir beskerming teen bytende insekte. Hierdie middels beheer ook bosluise en ander eksterne parasiete. Deur diere goed nat te spuit op veral die haarlose areas soos die ore en gesig word hulle vir ‘n paar dae beskerm teen muggies. Omdat behandeling gereeld herhaal moet word, is die maklikste manier van aanwending dié met behulp van ‘n brandspuit of rugsakspuit. Groot troppe skape kan in ‘n drukgang natgespuit word en kleiner hoeveelhede kan een vir een gedoen word. Indien u middels wil gebruik wat nie geregistreer is vir die gebruik op kleinvee nie, kontak eers u veearts vir advies.
Ek het vanoggend weer met die persoon gepraat wat die behandeling van die rivier doen. Hy sê die hele Oranjerivier word gemonitor vanaf Vioolsdrift tot by Hopetown. Die area tussen Kakamas en die Boegoebergdam is egter die deel met die meeste probleme. Tans word slegs gespuit met die B.t.i. Daar is blykbaar weerstand teen temephos (organofosfaat). Die watervlak in die Oranje word nie beheer nie, inteendeel sporadiese watervrystelling vanuit die PK le Roux dam wanneer elektrisiteit aanvraag styg, vererger die probleem.
Ander riviere wat ook tot ‘n mindere mate geaffekteer word, is die Sondags-, Vis-, Gamtoos- en Bre?rivier. Hierdie riviere word ook gemonitor, maar behandeling word deur die boere self gedoen aangesien dit op baie kleiner skaal is. In die Oranjerivier word behandelings elke 10 km toegedien met behulp van ‘n helikopter. Teikentye vir behandeling is die lente en vroe? somer.
 
Geskryf deur: dr. Bertus Nel (nel.bertus@yahoo.com)
 
Vir ‘n video oor die muggieplaag klik op hierdie webadres
 
 

Muggieplaag kos boer duisende
Deur ALANI JANEKE van Landbou.com
 
 
Die skape staan in ‘n bondel saam en wei nie. Foto: HENNIE VISSER
 
’n Boer van Boesmanland het sedert die begin van die maand al sowat R20 000 skade weens ’n muggieplaag gely.
Mnr. Hennie Visser, van die plaas Nous/Suid tussen Kakamas en Pofadder, sê hy het vier jaar gelede 72 lammers weens muggies verloor.
“Ek boer nou al nege jaar op dié plaas. In dié tyd het ek jaarliks gemiddeld 60 lammers per seisoen weens die muggies verloor. Die laaste twee jaar se skade kan teen sowat R1 000 per lam bereken word. As ’n mens dit bymekaar tel, is dit groot skade,” vertel Visser.
Visser sê tans wei sy diere vroegoggend, maar sodra dit warmer begin raak, vlug hulle na die water om van die muggies te probeer wegkom. Die plaas is sowat 60 km van die Oranjerivier af.
Laat gelam
Visser sê weens die droogte lam die meeste van sy bok- en skaapooie laat. “Met die droogte kon ons eenvoudig nie die ramme vroeër by die ooie laat loop nie, want die diere was nog te maer.”
Sowat 300 van Visser se skaapooie moet lammers hê. Hy sê om van die muggies te probeer wegkom, staan die trop egter in ‘n bondel en baie lammers raak van hul ma’s geskei.
Dié lammers het dan nie beskerming teen die muggies nie en dan byt die muggies die lam so baie dat dit vrek. Met die diere wat so saamdrom, word talle lammers ook in die loop van die dag doodgelê.
“Die ooie los eenvoudig soggens hulle lammers en hardloop water toe vir beskerming. En hoe moet ’n ooi haar lam kry wat reeds 12 tot 14 uur op ’n dag nie by sy ma is nie?” aldus Visser.

Blinde boklam

Visser het aan Landbou.com foto’s van ‘n blinde boklam gestuur. Dié lam se oë is só deur die muggies gebyt dat hy moontlik net tussen 5% en 10% se sig in sy een oog sal hê. “Hulle het tot sy ooghare weggevreet.” 
                                             
16 September 2011
 
Die volgende berig het in die Gemsbok, die plaaslike koerant in Upington verskyn.
                            
                             Grootste muggieplaag sedert 1992
 
Veeboere kan tot 1,427 miljard skade ly
Die Gemsbok: 30 September 2011
Upington: Die afgelope tyd kla mense vreeslik dat mens en dier dit nie kan uithou met die muggies nie. Dit kan ook nie anders as ‘n mens in ag neem dat vanjaar se muggietelling(larwes) die hoogste is sedert 1992 nie.
Ek het by die verteenwoordiger van plae by Agri SA, mnr. Hoffie Joubert meer gaan uitvind. Volgens hom is vanjaar se muggies die ergste sedert 1992 en die rede daarvoor is dat die Dept. Hulpbronbewaring sedert 2009 nagelaat het om die muggieplaag behoorlik te behandel.
In 1992 het die Waternavorsingskommissie onder leiding van Dr. Rob Palmer, ‘n spuitprogram uitgewerk waarvolgens muggies elke jaar gespuit moet word. Voor toediening van die chemikalie?, moet daar eers toetse gedoen word om die dosisse te bepaal en dan begin die spuitprogram. Die rede hiervoor is dat die watertemperatuur, soutinhoud, teenwooordigheid van blou-groen alge, slikinhoud van die rivier en watervolume bepalend is om die dosis te bepaal. Die sukses van die bespuiting hang grootliks daarvan af.
Muggies is as ‘n plaag verklaar en nie elke Jan Rap en sy maak kan muggies bespuit nie. Volgens die program moet die belangrikste bespuiting teen Augustus gedoen word, voordat die watertemperatuur warmer word vir die uitbroei van die muggies. Dit is in die eerste vyf fases van die larwestadium. In fase 6 en 7 en die papiestadium kan die muggies nie in die rivier behandel word nie. “ ‘n Mens kan muggies natuurlik nie heeltemal uitroei nie, maar dit kan tog beheer word”, het mnr. Joubert gesê.
Voor 2009 is die muggies bespuit met ‘n helikopter van Dept. Landbou. Sedert Noverber 2009 is Agri SA ingelig dat die helikopter stukkend is. In 2011 sal dit R11 miljoen kos om te herstel. Daar is wel toestemming gegee (Augustus 2011) om ‘n helikopter vir die spuitprogram te huur, maar geen infrastruktuur is in plek om tenders uit te gee nie. Die Landbou Unie het reeds vroeg gevra dat vanjaar se behandeling vroegtyding gedoen moet word, maar daaraan het die Dept. Landbou hulle ook nie gesteur nie.
Mnr. Joubert sê hulle is al raadop met die Dept. Dit blyk dat niemand hul eintlik aan die probleem steur nie en dit net van bakboord na stuurboord aangee. Hy sê Dept. Landbou het in 2002 navorsing gedoen om die skade onder vee in die benede- Oranje te bepaal. “In vandag se terme kan die skade in die omgewing van R1,427 miljard beloop per jaar”.
Die vraag is nou: Wie moet die skade dra as dit die Dept. Landbou se verantwoordelikheid is om die muggies te beheer en hulle versuim om dit te doen..
“Boere sal die punt bereik dat hulle by die Dept. skadevergoeding gaan eis,” het Joubert gesê. Daar is uiteindelik op 17 en 18 September 2011 gespuit vanaf Boegoeberg tot by Grootboom in Namakwaland, maar me. Vuyo van Dept. Hulpbronbewaring op De Aar het geweier dat daar ‘n proef op Upington gedoen word voor die bespuiting om die dosis te bepaal. Na monitoring wat 19 en 20 September 2011 gedoen is, was die bespuiting ‘n totale mislukking. Volgens mnr. Joubert beloop die koste van die mislukking R1.3 miljoen. R0.9 miljoen vir chemikalie?e en R0.4 Miljoen vir die huur van die helikopter.
Teen Woensdag 21 September het die Dept. toestemming gegee dat die toetse gedoen word, maar nou is daar weer nie toestemming gegee vir ‘n helikopter nie. Dit is duidelik dat die Dept. Landbou nie die erns van die muggieplaag besef nie. Boere tel daagliks dooie lammers op en lammers wat vrek as gevolg van harslagsiekte weens die stof wat die skaap maak. Landbou Unies is ook al moeg gevra dat daar iets aan die saak dedoen moet word. Volgens Nic Opperman: Direkteur Natuurlike Hulpbronne Agri SA, veroorsaak die muggieplaag nie net grootskaalse verliese vir veeboere nie, maar produktiwiteit van die werkers in die wingerde word ook nadelig geraak. Toerisme by Augrabies Waterval, Die Kalahari Kuierfees en ander eko-toerisme teen die Oranje word ook geraak. 
Saamgestel deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
2 Oktober 2011
 

Muggies: Tweede spuitpoging slaag
Deur ALANI JANEKE
Die tweede spuitpoging om die muggieplaag in die Noord-Kaap te bestry, blyk ’n “groot sukses” te wees, sê Agri Noord-Kaap.
Dié poging is verlede Woensdag en Donderdag (28 en 29 September 2011) onderneem.
“Die manne het die afgelope paar dae die rivier tussen Boegoeberg in Boesmanland en Grootboom in Namakwaland gemonitor en hulle sê die klippe was skoon, hulle het geen larwes teëgekom nie,” vertel mnr. Johan van Rensburg, hoofbestuurder van Agri Noord-Kaap.
Van Rensburg sê dié sukses beteken egter nie die einde van boere se hoofbrekens nie.
“Die muggies wat reeds uitgebroei het, sal nog vir ’n paar weke lank leef en boere, hul werkers en vee steeds teister. Daar is egter darem nou lig in die tonnel.”
Lei boere op
Wat ’n langtermyn-oplossing vir dié jaarlikse probleem betref, wil die organisasie aan die staat voorstel om boere in die moniteringsproses op te lei.
Sodoende kan boere wat in die omgewing is, die riviere vir larwes monitor en die departement betyds in kennis stel sodat die muggies in die toekoms behoorlik bestry kan word.
“Ons kan nie meer net op die departement wag om op te tree nie. Ons moet die situasie deurlopend monitor en ons eie belange begin beskerm. As die monitering van larwes korrek gedoen word en hulle betyds gespuit word, sal ons nie met so ’n reuse-probleem sit soos wat tans die geval is nie,” aldus Van Rensburg.
Hy sê hulle hoop dat die departement die voorstel sal aanvaar, want die boeregemeenskap is bekommerd oor die monitering van muggieplae.
 
5 Oktober 2011
 


Kommentaar

Kommentaar (4) “Muggies kos boere miljarde

  1. James Davies
    James Davies

    Dit is nou die eerste keer wat ek bietjie oplees oor muggies. Ons boer tussen Machadodorp en Badplaas Mpumalanga, ek het hierdie jaar begin agter kom die muggies maak partykeer sulke wit wolke so baie is hulle veral by die damme (soos vroeer gese is die idiale toestande water vlak bly dieselfde)
    Is dit iets om oor bekommerd te wees of moet ons maar net dop hou. Ek glo maar voorkoming is beter.

  2. Dawie Strydom
    Dawie Strydom

    Ons is langs Apiesrivier noord van Pretoria. Weens riool besoedeling is hier muggies.Hulle kom in groot swerms voor en byt seer. Ek het van hulle gevang en bekyk. Klein soos n muggie maar 4 wit kolle op rug. Is dit n riool vlieg of muggie.

  3. Joseph
    Joseph

    Ek woon in n woonstel en redelik besorg oor netheid maar van begin Oktober 2015 let ek n klomp muggies in my kombuis en voor vertrekke op en het basies al wat insek middel is probeer vir die behandeling en uitdrywing van die insek maar tot my spyt en frustrasie. Wat is op die mark vir die behandeling en voorkoming dat die insek terug sou keer met in agneming dat dit uitgedryf kan word. Help asseblief want ek hou nie van die insek wat my kombuis naby die wasbak(sink) en werksoppervlakte oorneem.

    • Jan Bezuidenhout

      Joseph,
      Kontak die naaste “Pest Control”-agentskap.
      Groete


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X