Vra vir Faffa

Makouwyfie is opgeswel

Vraag

My Makou het 6 weke gelede 7 kuikens gehad. Alles het goed verloop en die makoutjies is nou mooi groot. Dit lyk nou skielik of sy ‘n klomp eiers binne in haar het. Haar boudjies is groot en sleep op die grond. Wat kan ek doen want ek kan haar nie vang nie.

Antwoord

Wat ek kan voorstel,  is dat sy in ‘n donker kamer met haar makoutjies toegemaak word sodat sy tot rus kan kom en nes maak. Sorg dat daar materiaal is dat sy nes kan maak. As dit nie werk nie,  is die enigste opsie om haar na ‘n veearts te neem. 

Hoop dit werk!

Geskryf deur: Dr. Mick Versfeld, Pluimveekonsultant (mickversfeld@mweb.co.za)

3 Januarie 2018


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X