Vra vir Faffa

Kikoejoegras

Vraag

Wat is die produksie en drakrag van kikoejoe?

Antwoord

Kikoejoe – Engels: Kikuyu (Pennisetum clandestinum)

Kikoejoe is ‘n robuuste, kruipende, meerjarige gras wat dik, kort, gelitte wortelstokke en bogrondse ranke vorm. In Suid-Afrika kom hoofsaaklik twee kultivars voor. Die mees algemene een is ‘n nie-saaddraende gras en staan as die plaaslike of gewone kultivar bekend. Die Whittet kultivar produseer wel saad en is tans ook vryelik beskikbaar in die saadhandel.
Aanpasbaarheid
Kikoejoe is die beste aangepas in gebiede met ‘n re?nval van 700 mm en ho?r. In groot gedeeltes van die somer- en winterre?nstreek moet dit dus besproei word. Dit produseer die beste in vrugbare grond en skraal onvrugbare grond hoef nie eers oorweeg te word nie.
Dit kan nie oorbeklemtoon word nie dat genoeg kraalmis of ander organiese materiaal op kikoejoe toegedien behoort te word. Daarsonder verloor hierdie gras sy groeikragtigheid, al word dit uit die sak bemes.
Vestigingsmetode
Vestiging van saad kan in rye of breedwerpig gedoen word. Die saaidigtheid sal dan van 1,5 kg/ha tot 3kg/ha wissel. Verreweg die meeste aanplantings word met steggies gedoen. Die hoeveelheid plantmateriaal sal  byvoorbeeld in rye, van 500 tot 1000 mm uitmekaar, gevestig word. Suksesvolle vestiging is al gedoen deur plantmateriaal fyn te maak en oor die land te versprei en dan in te dis of te kapploeg. In laasgenoemde geval is baie materiaal nodig.
Bemesting
Die fosfaat-inhoud van die grond behoort op ‘n peil van 20 tot 30 mg/kg gehou te word.
Indien min organiese materiaal in die grond voorkom, is dit belangrik om kraalmis toe te dien sodra die plantjies goed begin groei. Hierna behoort dit jaarliks gedoen te word.
Stikstofpeile van tussen 150 en 6000 kg Na/ha is reeds in eksperimente in Natal gebruik. Gedurende ‘n relatief dro? periode het hierdie navorsing aangedui dat diereprestasie nie veel verskil het tussen peile wat van 150 kg N/ha tot 450 kg/N/ha gewissel het nie (Tainton et al, 1982). Die outeurs het in daardie stadium aangedui dat in normale re?nvaljare (ongeveer 1087 mm/jaar) sal selfs die peil van 600 kg N/ha ekonomies wees. Onder huidige ekonomiese toestande sal deeglik besin moet word oor die vlak van die N-peil. Dit wil egter voorkom of peile van 150 tot 450 kg/N/ha onder dro?land, vir gebiede met ‘n re?nval van 700 tot 900 mm per jaar,realisties is. Onder besproeiing of in gebiede met ‘n re?nval van meer as 1000 mm/jaar kan die N-peil selfs ho?r as 450 kg N/ha wees (sien tabel).
Benutting
Kikoejoe is by uitstek ‘n weidingsgewas en bied goeie kwaliteit weiding vir melkbeeste en skape in die somer. Dit kan ook as staandehooi gebruik word en word soms ingekuil. Verder is dit ‘n baie algemene grasperkgras.
Produksie en voedingswaarde
Kikoejoe het die vermo? om tot 18t/ha dro?materiaal te produseer. Die produksie word natuurlik direk deur bemesting be?nvloed. In die tabel word aangedui hoeveel kunsmis toegedien moet word om sekere verwagte opbrengste te verkry.
In die Ermelo-gebied is ‘n somerdrakrag van 5 GVE/ha aangeteken (Anon, 1985). In dieselfde gebied kon 30 tot 50 skape/ha/60 dae in die winter gedra word, met ‘n gevolglike GDT van onderskeidelik 80 en 51 g/skaap/dag en ‘n lewende massatoename van 144 en 166 kg/ha onderskeidelik (Dickenson et al, 1990). In Natal kon massatoenames van 600 tot 900 kg/a gedurende die somer verkry word (Dickenson et al, 1990). Navorsing deur Tainton et al(1982) het massatoenames van 1008, 1026 en 1132 kg/ha getoon by N-peile van 150, 300 en 600 kg/ha onderskeidelik.
Tabel 1. Voorgestelde bemestingspeile om sekere opbrengsmikpunte te lewer (Dickenson et al, 1990).
Bemesting
Opbrengsmikpunt (t/ha)
6        10         14         18
Kg N/ha/jr
Toedienings
Kg P/ha/jr
120    240       360        480
2x      3-4x       5x         5-7x
20       30         40          50
Die prote?eninhoud van kikoejoe kan tussen 15% en 22% gedurende die groeiseisoene wissel, terwyl ruvesel tussen 21% en 25% wissel en verteerbaarheid (TVV) tussen 63% en 67% wissel (Anon, 1985).
Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)
6 Julie 2011

Kommentaar

Kommentaar (2) “Kikoejoegras

  1. Vlam Taljaard
    Vlam Taljaard

    Ek wil net weet of hierdie gras groei met brak water, en wat die effek van brakwater op die gras is. Ek sal ook graag wil weet watter ander gras kan groei met brakwater.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X