Vra vir Faffa

Kaliumpermanganaat

Vraag

Wat is Kaliumpermanganaat en waarvoor gebruik 'n mens dit? Het gehoor dit help om slange weg te hou, is dit so?

Antwoord

Kaliumpermanganaat is chemiese kristalle en word gebruik as ‘n antiseptiese middel. Sere word daarmee gewas, swaminfeksies word daarmee beheer. Dit word ook gebruik om drinkwater te ontsmet en slegte reuke uit die water te verwyder.

Die volgende aanhaling kom uit: Douw G. Steyn. 1949. Vergiftiging van mens en dier. J.L. van Schaik Bpk.
”Kaliumpermanganaat is ‘n middel wat veral gebruik word om plantaardige gifstowwe te vernietig. Ongelukkig is kaliumpermanganaat ‘n taamlike kwaai hartgifstof en moet ‘n mens versigtig daarmee te werk gaan in gevalle van vergiftiging met gifstowwe wat die hart erg aantas. Die dosis vir ‘n perd of bees is van ‘n half tot een teelepelvol. (L.W. ”Condy se kristalle” het ‘n taamlike kwaai brandende werking, met die gevolg dat dit  baie verdun ingegee moet word. Die bogenoemde dosis moet in ‘n pint water (3 teekoppies)  opgelos word en sorg moet gedra word dat al die kristalle opgelos is. Gooi die oplossing deur ‘n botterdoek om te verseker dat die dier geen kristalle inkry nie.)
In gevalle van prikkeling van die vel deur irriterende plantgifstowwe, soos, bv., naboomsap, is dit van baie waarde om die aangetaste gedeeltes van die vel goed af te was met “Condy’s fluid” (‘n ligte wynrooikleurige oplossing van ”Condy se kristalle”).”
Die vraag is gevra of ‘n mens kaliumpermanganaat kan gebruik om slange van die huis weg te hou. Die antwoord van die bekende herpetaloog, Johan Marais is:  Nee, dit help glad nie. Mense plaas ook Jays Fluid om hul vo?lhokke, maar daar is niks wat goed werk nie. Hou die erf skoon van boumateriaal, sinkplate, bosse teen die woning, visdammetjies, ens. Indien daar heelwat paddas of rotte te bespeur is, is daar natuurlik ‘n goeie kans dat slange gelok sal word. Maar baie van die slange, soos die meeste kobras en sweepslange, is aktiewe jagters en sal buitendien dalk deur ‘n erf beweeg. Johan Marais,   0824942039, www.johanmarais.co.za
 
Saamgestel deur: dr. Faffa Malan, veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
 
19 November 2010
 
Lees ook:
 

Hoenderpokkies


Kommentaar

Een kommentaar op “Kaliumpermanganaat

  1. magdaleen
    magdaleen

    Ek wil graag weet hoe kan ek slange uit my erf hou ek het vier kinders


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X