Inligting oor Japanese radyse
Vraag
Tot wanneer in die winter of lente kan Japanese radyse nog benut word?Antwoord
Die normale planttyd vir Japanese radyse of voerrape is Februarie.
Onlangse navorsing is gedoen op later plantdatums en benuttingsdatums in die Pretoria omgewing. Die resultate word in die meegaande tabel gegee.
Plant datum | Kultivar | Begin benut | Eindig benutting | DM Prod
t/ha |
Feb |
Nooitgedacht Jap Radys | 10 Mei | 15 Junie | 3.2 |
7 Junie | 25 Julie | 5.3 | ||
MPT ** Voerraap | 10 Mei | 20 Junie | 1.6 | |
7 Junie | 28 Julie | 3.0 | ||
April
|
Nooitgedacht radish | 18 Julie | 19 Augustus | 3.2 |
17 Augustus | 21 Sept | 5.5 | ||
MPT ** Voerraap | 18 Julie | 23 Augustus | 2.6 | |
17 Augustus | 2 Oktober | 4.1 | ||
** Mammoth Purple Top Voerrape |
Indien Japanese Radyse in Februarie geplant word en van vroeg Mei tot in Junie benut word, lewer dit ‘n produksie van ongeveer 3 t/ha, oor hierdie periode. Wanneer dit gespaar word van Februarie tot in Junie en dan gewei word tot einde Julie, kan ‘n produsie van 5 t/ha en meer behaal word.
Wanneer in April geplant word en eers in Augustus benut word, lewer dit meer as 5 t/ha van middel Augustus tot einde September. Daar kan dus met albei plantdatums reeds vroeg bewei word, met ‘n laer produksie. Indien langer gewag (16-18 weke) word voor benutting begin, kan hoër produksie verwag word en tot later bewei word.
Dieselfde tendens is met Mammoth Purple Top voerrape verkry. Met die Aprilaanplanting kan later weiding verkry word, tot so laat as Oktober
Geskryf deur: Prof Chris S Dannhauser
Selfoon: (+27) 082 873 4736
E-pos: chriswei@vodamail.co.za
Lewer kommentaar
Slegs in Afrikaans