Vra vir Faffa

Inligting oor houtluise

Vraag

Ek soek meer inligting oor houtluise

Antwoord

Houtluise behoort aan die klas Crustacea wat krewe, krappe en ander waterlewende skulpdiere insluit. In hierdie klas is daar net twee ordes wat hulle hele lewensiklus op dro? land kan voltooi. Houtluise is een spesie wat in die orde  Isopoda val.

Houtluise varieer baie in grootte tussen spesies, van 3 tot 30mm en ook in kleur van verskeie skakerings grys tot wit.

Hulle globale habitat varieer ook van ‘n  klam omgewing tot een spesie wat by ‘n woestynomgewing aangepas is. Die plaaslike spesies leef  in klam, donker plekke soos bv. onder klippe en verrottende blare.

Morfologies bestaan die houtluis uit drie liggaamsdele, netsoos insekte, maar onthou dat hulle nie insekte is nie. Die kopgedeelte is die kleinste en is soms moeilik om te onderskei want die hele liggaam is bedek deur ‘n aantal plate. Die toraks is die grootste deel en bestaan uit sewe segmente elk met ‘n paar pote. Waar insekte ses pare pote het, het houtluise sewe. Die derde deel is die agterlyf.

‘n Interessante verskynsel by houtluise is dat net na die larwes uitbroei, het die toraks net ses segmente, elk met ‘n paar pote. Na die eerste vervelling, na omtrent 24 uur, verskyn die sewende segment.

Die wyfie dra die bevrugde eiers in ‘n sak aan die onderkant van haar lyf. Waneer die eiers uitbroei, verlaat die larwes die sak. Hierdie verskynsel kan verwarring veroorsaak omdat dit lyk of die wyfie lewendbarend is, wat nie die geval is nie. Van die pote is toegerus met ‘n trageale buis waardeur hulle asemhaal.

Die eksoskelet van houtluise is ryk aan kalsium wat vir sekere amfibiese diere en vo?ls ‘n belangrike bron van voedingstowwe is. Gedurende die broeityd van sekere vo?lspesies is hierdie bron van kalsium belangrik vir eierdopvorming.

Houtluise skei ‘n flouerige afwerende vloeistof af wat tot ‘n mate beskerming bied.

Houtluise speel ook ‘n rol in tradisionele medisyne in sekere kulture. Houtluise word heel ingesluk as ‘n teenvoeter vir maagpyn en ander maagkwale. Dit kan wees dat die kalsiumkarbonaat in die eksoskelet sooibrand kan verlig. ‘n Bekende Brtise sjef, B. Holt, het in ‘n resepteboek wat in 1885 gepubliseer is, ‘n resep vir houtluissous beskryf.

Houtluise is nie plae nie, trouens, hulle speel ‘n belangrike voordelige rol in die natuur. Hulle lewe op verrottende plantmateriaal  en help om sodoende materiaal vinniger af te breek en grondvrugbaarheid te verbeter.

Geskryf deur: dr. Victor Whitlock, Landboukundie (Whitlockv@mweb.co.za)

13 September 2012


Kommentaar

Kommentaar (3) “Inligting oor houtluise

  1. Corrie Horak
    Corrie Horak

    Daar is miljoene houtluise in my tuin en ek wonder net of dit nie hulle is wat my Gazanias doodmaak nie? Is hulle skadelik vir plante, of moet ek die rede vir my verleppende blomplante elders soek?

  2. Dawid
    Dawid

    2014.12.03
    Verniel houtluise onbehandelde hout op soortgelyke wyse as houtkewers?
    Dankie.

  3. Wimpie
    Wimpie

    Ek het n komposhoop en daar is n menigte houtluise in en hulle kom ook in die huis in. Hoe verhoed ek dit en waarmee kan ek hulle uitroei


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X