Vra vir Faffa

Groengoud grastipe

Vraag

Ons is opsoek na ‘n grastipe met die naam Groen Goud

Antwoord

Hieronder ‘n paragraaf wat in 1991 oor Groengoud gepubliseer is:

Groengoud is een van die “nuwere” hoë groeiers waaroor bitter min inligting beskikbaar is. Volgens die huidige grootste produsent van voortplantingsmateriaal, is die gras oorspronklik vanaf Zimbabwe ingevoer en word ook soms “Groengoud Harare” genoem (Gittens,1987). Verskeie navorsingsprogramme is tans aan die gang en daar sal in die toekoms hopelik meer besonderhede beskikbaar raak. Die gras word met steggies gevestig.

In 1991 is dit “een van die ‘nuwere’ hoë groeiers” genoem, op daardie stadium was Banagras meer bekend.  Albei hierdie grasse was hibriede (basters) tussen Babala (eenjarig) en Napier/Olifantsgras (meerjarig). Sedertdien is daar min of niks van die grasse in die algemeen gehoor nie. Ek glo die rede hiervoor is omdat dit met steggies geplant moet word. Baster Babala is tans gewild, maar is eenjarig.

Wat wel tans in die mark beskikbaar is, is meerjarige Sorghum, by name Silk Sorghum. Dit is egter ‘n Sorghumbaster en nie verwant aan Bana of Groengoud nie.

Geskryf deur: Prof. Chris S Dannhauser

Selected Seeds

Selfoon: (+27) 082 873 4736

E-pos: chriswei@vodamail.co.za

25 November 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X