Vra vir Faffa

Gifplant Cotyledon orbiculata – plakkieplantfamilie

Vraag

Cotyledon orbiculata of ”pigs ear” kom baie voor in die suide van Namibia. Watter teengif of behandeling is daar? Kan ’n dier herstel van die gif en hoeveel is nodig om skape aan te tas?

Antwoord

Cotyledon orbiculata is een van die plante in die plakkie plantfamilie (Crassulaceae). ‘n Ander voorbeeld is Tylecodon wallichii (Kandelaarsbos of Nenta). Sommige plakkies kan  akute of chroniese vergiftiging veroorsaak.  Met akute vergiftiging kan groot dosisse geaktiveerde houtskool (2 gram per kilogram liggaamsgewig) gedoseer word. Hou die dier rustig en moet nie onnodig aanjaag of hanteer nie.

Krimpsiekte is die chroniese vorm van die siekte en daar is geen spesifieke behandeling nie, slegs ondersteunende behandeling. Voorsien ‘n goeie kwaliteit hooi en water, hou die skape wat aangetas is in die skadu en moet nie die diere baie steur nie. Skape kan herstel indien hulle goed versorg word.
Cotyledon orbiculata plantmateriaal wat tydens ‘n vergiftiging in Maltahöhe in die 1960’s versamel is, is aan skape gedoseer en ‘n enkele dosis van 1 gram per kilogram liggaamsgewig van die plantmateriaal (toe semi-droë blare en stam) het vrektes in skape veroorsaak. Die toksiene samel egter ook aan in die dier se liggaam en so min as 50 milligram/kg plantmateriaal (9 daaglikse dosisse oor 13 dae) het vergiftiging (krimpsiekte) veroorsaak. 
Geskryf deur: prof. Christo Botha, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria (christo.botha@up.ac.za)
1 Julie 2011
Besoek ook:

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X