Vra vir Faffa

Gespeende kalf terug by koei gesit

Vraag

Hoe lank neem 'n koei (vleisbeesras) om op te droog nadat die kalf weggeneem (gespeen) is en wanneer kan die kalf terug by die ma gesit word?

Antwoord

As die kalf 7 maande oud is en dit tyd is om die kalf van die ma te speen, sal melk van nature min wees (fisiologies) en sal die koei opdroog.

As  die kalf gespeen word, sal die koei binne 2 weke geen meer melk produseer nie en behoort sy ook nie weer te begin lakteer as die kalf na 4 weke weer terug gesit word nie

As die ma vroeg in laktasie is en sy word opgedroog, mag sy weer begin lakteer as die kalf weer aan haar begin suip.

As die kalf planne het om aan te hou suip, kan mens of ‘n neusring (bulkalf of ossie) of een van die apparate (amper soos neusring met skerp stekels bo-op)  wat mens by ‘n koöperasie kry vir ‘n verskalf insit, wat die koei sal irriteer en daardeur die kalf van die uier sal weghou.

Geskryf deur dr. Chris van Dijk, Veearts en Bestuurder van die MPO (chris@mpo.co.za)

4 Julie 2018

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X