Vra vir Faffa

Gesoek: Handboek oor veesiektes

Vraag

Jare terug was 'n boek beskikbaar met die titel: Veesiektes in Suider-Afrika. Is dié boek nog beskikbaar, en waar? Ek het in die stad gewerk en wil nou 'n bestaansboerdery aan die gang kry. Ek vind dat dinge baie verander het en dat ek moet terug skool toe! Ek beoog om 'n klein boerdery met hoenders, varke en skape op tou te sit op klein skaal met moontlik kleinskaal groente en ander gewasse om kontantvloei 'n hupstoot te gee Ek hoop om in die Nylstroom omgewing iets op die been te kry. — Monty (Monty.m@mweb.co.za)

Antwoord

Vraag:
Jare terug was ‘n boek beskikbaar met die titel: Veesiektes in Suider-Afrika. Is dié boek nog beskikbaar, en waar? Ek het in die stad gewerk en wil nou ‘n bestaansboerdery aan die gang kry. Ek vind dat dinge baie verander het en dat ek moet terug skool toe! Ek beoog om ‘n klein boerdery met hoenders, varke en skape op tou te sit op klein skaal met moontlik kleinskaal groente en ander gewasse om kontantvloei ‘n hupstoot te gee Ek hoop om in die Nylstroom omgewing iets op die been te kry. — Monty (Monty.m@mweb.co.za)

Antwoord:

Die boek "Handboek oor Veesiektes" van Mönnig en Veldman is uit druk uit. Ek stel voor u kontak afgetrede boere wat nog ‘n boek op die rak hê.

‘n Boek wat ek kan aanbeveel is "Sheep and Goat Diseases" deur drr. Gareth Bath en Jan de Wet (ISBN 0624 03924 2). Die Afrikaanse weergawe van hierdie boek is uit druk uit.

Die boek oor pluimvee — "Die Suid Afrikaanse Braaikuiken Handleiding" deur dr. J. Cilliers is ook uit druk uit, maar is die moete werd as jy dit kan opspoor.

Die meeste van die veeartseny-farmaseutiese maatskappye sal deur hulle verteenwoordigers vir u in kontak kan bring met hulle tegniese veearts wat u ook sal kan help. Meeste maatskappye het ‘n webblad wat u van inligting kan voorsien, bv. www.intervet.co.za

Deur op die Landbouweekblad se webblad in te gaan sal u ook baie inligting kan kry.

28 Januarie 2005


Kommentaar

Kommentaar (2) “Gesoek: Handboek oor veesiektes

  1. deric
    deric

    waar kan n mens n boek koop oor vee siektis??

  2. Madelene
    Madelene

    Daar was ‘n boekhandelaar in Hatfield waar ek laasjaar die boek van Veldman gekoop het, maar dit was gewone swart en wit kopie…. sal probeer dink wat was die plek se naam…

    Ek is ook opsoek na ‘n spesifieke boek. So 12 of 14 jaar gelede die boek gekoop by ‘n boekwinkel in Jhb. Dit is geel, groen en ligte groen op omslag met buitelyne van perde, skape, bokke en kleinvee op. Binne het dit ‘n mooi uiteensetting gegee van die verskillende perdesiektes en mens kon die simptome opsoek en dan verwysing kry na moontlike siektes…. dink dit was iets met Onderstepoort te doen…. het die boek uitgeleen, nooit weer teruggekry…. Hoop iemand weet waarvan ek praat / watter boek ek soek!!!!


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X