Vra vir Faffa

Fluitjiesriete as veevoer

Vraag

Op my plot is daar ‘n nie-konstantlopende rivier en sny die plot so te sê in twee dele. Daar is baie riete langs die rivier en gevolglik kan ek nie altyd die skape sien nie en word hulle gesteel. Kan ek die riete afsny en vir veevoer gebruik as ek hulle maal. Ek beplan om ook ‘n paar beeste in te bring. Gee my asb raad. Arno

Antwoord

Rivierriete en ek neem aan dat dit fluitjiesriet is, kan as ruvoer vir dierevoeding gebruik word.  Om goeie benutting te kry, moet die droë fluitjiesriete gemaal en met Voermol Melassemeel gemeng word om die smaaklikheid daarvan te verhoog.  Meng 40kg Voermol Melassemeel met 200kg gemaalde fluitjiesriet.  Fluitjiesriet kan ook ingekuil word en die normale praktyke om goeie gehalte kuilvoer te maak, moet gevolg word.

Geskryf deur:  Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)

 

8 Augustus 2012

 

Klik ook “riete” in die soekblokkie in


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X