Vra vir Faffa

Bosluisprobleem

Vraag

Ek sien nie bosluise op my beeste in die winter nie, maar ek het tog 'n baie groot bosluisprobleem in die somer. Wat kan die rede hiervoor wees?

Antwoord

Vraag:
Ek sien nie bosluise op my beeste in die winter nie, maar ek het tog ‘n baie groot bosluisprobleem in die somer. Wat kan die rede hiervoor wees?

Antwoord:
Die lewensiklus van ‘n bosluis verloop as volg: Die wyfiebosluis lê duisende eiertjies waaruit larfies ontwikkel, wat dan vervel en nimfe word, en hulle word die volwassenes.

Bosluise kan verdeel word in:

  • Eengasheer-bosluise, wat beteken dat al drie stadiums agtereenvolgens op een dier ontwikkel.
  • Tweegasheer-bosluise het twee gashere nodig om hul lewensloop te voltooi.
  • Driegasheer-bosluise het drie gashere nodig. Die baie klein larfies en nimfies kom wel in hulduisendtalle op beeste in die winter voor.

    As ‘n mens nie die diere deeglik in die ore, op die nekvel en kloue ondersoek nie, lyk dit asof die diere nie bosluise het nie. Daarom is dit so belangrik om winterdip toe te pas, waartydens duisende onvolwasse bosluise gedood word.

    Hoe meer onvolwasse bosluise u dus kan dood in die winter, hoe minder probleme kan u verwag in die komende somer.

    7 Januarie 2005


  • Lewer kommentaar

    Slegs in Afrikaans

    Los 'n antwoord

    Alle velde moet ingevul word.

    Teken In

    Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


    Ek het my wagwoord vergeet X

    Registreer

    Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


    X