Vra vir Faffa

Bloednier in perde

Vraag

Is dit moontlik dat perde bloednier kan kry? Of iets soortgelyk?

Antwoord

Nee, perde kry nie bloednier wat veroorsaak word deur Clostridium perfringens tipe D, nie.

Hulle kan wel Clostridium perfringens tipe A kry [Equine intestinal clostridiosis en Equine grass sickness] maar dis gewoonlik sekondêr tot antibiotikum toediening en/of ‘n skielike verandering van voedingsarm tot voedingsryke kos. Dit kom selde in Suid Afrika voor.

Tipes B en C is al in vullens met hemorrhagiese (bloederige) enteritis (dermontsteking) beskryf, maar sover my kennis strek, is dit nog nie in SA beskryf nie. Albei infeksies kom baie selde wêreldwyd voor, en gewoonlik word slegs ‘n enkele vul aangetas.

Geskryf deur: Dr. Maryke Henton, Bakterioloog by Vetdiagnostix (henton@vetdx.co.za) http://www.vetdiagnostix.com/

5 Januarie 2016


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X