Vra vir Faffa

Black wattle as voeding vir wildsbokke

Vraag

Ons wil van ons njalas na 'n ander plaas van ons skuif waar daar slegs gras en black wattle is. Sal die njalas black wattle vreet en hoe goed is sy voedingswaarde. Ek hoor daar is boere wat klein bome fyn maal vir beeste. U terugvoer sal waardeer word.

Antwoord

My eerste reaksie is : Is dit nou regtig nodig om njalas na ‘n plaas toe te neem waar daar net gras en black wattle voorkom? Vat eerder wildebeeste of enige ander grasvretende bokke maar nie njalas nie. Hierdie bokke hou niks van black wattle nie, in feite, daar is nie bokke wat daarvan hou om die wattles te vreet nie.

Geskryf deur:

Prof. W. van Hoven DSc.  Pr.Sci.Nat.

Director of Center for Wildlife Management (Ret.)

University of Pretoria

Professor extraordinaire

North West University

Chairman: Ecolife Programmes

www.ecolife.co.za

tel. 0825573142 (mobile)

fax. 0866226916

SKYPE: woutervanhoven


Kommentaar

Een kommentaar op “Black wattle as voeding vir wildsbokke

  1. Dawie Krynauw
    Dawie Krynauw

    Moenie te veel bekommer oor jou kundige advies nie. My bokke (mak gemende inheemse bokke) is dol oor wattel en veral die bas. Die jong lammers se eerste groen kos is wattelblare. Dit bevat tannien wat parasiete onderdruk. Die tannien onderwerp is kompleks maar daar is ‘n middel wat die verteerbaarheid verhoog. Daar was juis ‘n berig in LWB van hoe ‘n boer sy beeste deur die afgelope droogte met wattel deurgetrek het! Stel voor jy gee ‘n goeie lek met die middel en laat waai met jou pragtige bokke. Jou bokke gaan die bas vreet en die bome gaan kwyn. Saag dan ‘n paar af om die blare by te kom. Hulle sal self besluit wat genoeg is en daardeur leer. Die lek moet EC FEED bevat ( het vir NCP gewerk wat dit uit gefermenteerde melasse vervaardig het) en word nou bemark as Phossure P6. Vergeet van die res!


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X