Vra vir Faffa

Beheer van grasse wat laag in weidingswaarde is

Vraag

Watter metodes kan gebruik word om grasse wat laag in weidingswaarde is en wat oorheersend in kampe vir beeste groei, uit te roei of te minimaliseer. Dit is grasse soos terpentyn-, assegaai-, en stippeltjiegras.

Antwoord

Hierdie is ongelukkig een van daardie amper onoplosbare probleme.

Die genoemde grasse is almal klimaksgrasse en hulle word deur vuur gestimuleer.

Daar is gevalle bekend waar gereelde sny van die grasse (elke 3 maande) dit redelik kon beheer.

Terpentyn en assegaaigras is beide redelik smaaklik in ‘n jong stadium.

Om hul dan deur rotasiebeweiding kort te hou, bied in die somer redelike goeie weiding.

Geskryf deur: prof. Chris S Dannhauser

ChrisWei

Selected Seeds

Mobile: (+27) 082 873 4736

Email: chriswei@vodamail.co.za

6 Mei 2018


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X