Vra vir Faffa

Vra 'n vraag Indeks van antwoorde

DR. FAFFA MALAN

Dr. Faffa Malan kan beskryf word as Suid-Afrika se eerste virtuele veearts. Hy is ’n vorige Landboukundige van die Jaar van Landbouskrywers SA en gewilde vriend van talle boere in Suid-Afrika en sy buurlande. (Let wel: Diere word nie behandel op Vra vir Faffa nie, kontak jou eie veearts.)

  • Inname van voer deur kalwers

    Ek het 3 Brahman bulkalwers gekoop van 108kg. Ek neem aan hulle sal seker so 3 maande oud wees. My kamp is so 20 x 30m met bome en groen gras op die stadium. Ek gebruik een van die resepte op Landbou.com. nl. mieliegruis, SS200, Bypass, melasemeel en gemaalde lusern. My probleem is dat hulle nie hulle 3% van liggaamsmassa vreet nie maar eerder omtrent 1%. Hoe kry ek hulle om die regte hoeveelheid te vreet?
    • Vleisvlieë in huis

      Ek het nou al by verskeie kere ‘n brommer doodgemaak. Wat my telkens opgeval het, is dat voordat die brommer doodgaan word ‘n magdom lewende larwes gelê. Die brommer is grys van kleur op die rug met swart strepe van agter na voor oor die rug, met twee rooi ogies. Die brommer is in al die gevalle binnenshuis betrap. Sal graag wil hoor wat se brommer dit is.
      • Intensiewe skaapboerdery in Mpumalanga

        Ek is ‘n jongboer wat uit die Kalahari groener weivelde kom soek het in Limpopo, op die rand van Mpumalanga naby Stoffberg. Ek het ‘n lappie grond met potensiaal, maar ook baie turf. Ek het die laaste maand intensief ontbos en gevolglik is dit tyd om iets met die grond te doen. Ek het reeds sitrus gevestig op ‘n deel van die plasie en die beter akkerbou grond toegestaan aan kontantgewasse (1.6ha). My plan is om die 6ha wat ontbos…
        • Lusern en mielies vir volstruise

          As jy lusern voer, is dit nodig om mielies by te sit? Wat het mielies as voedingswaarde wat lusern nie alreeds het nie? Ek voer volstruise.
          • Aanplant van weiding op die Hoëveld

            Wat se weiding kan nou nog op die Hoëveld geplant word?
            • Afronding van lammers met korn kandy met lusern- of tefhooi

              Sal jy lammers op voerkraal kan afrond met slegs heelpit mielies wat met korn kandy gemeng is en lusern of tefbale wat ad lib beskikbaar is? Gaan dit nodig wees om lammers voerkalk ook te gee as hul oorgaan na die mielie met Korn-Kandymengsel? Gaan die mengsel hul nie laat opblaas nie?
              • Mieliekopmeel aanvulling

                Ek het kalwers wat bedags in ‘n 30 hektaar kamp loop a.g.v. luiperdprobleme. Ek het nou begin om kopmeel met ‘n mengsel van ‘n konsenstraat vir hulle te gooi. Ek het reeds ‘n paar maer koeie ook daar in gehad wat baie goed gedoen het. Kan ek daarmee voortgaan vir die kalwers? Het julle ‘n produk wat ek by die kopmeel kan gooi en in watse hoeveelhede meng ek dit? Ek kry die kopmeel in 40kg sakke. Ek boer in…
                • Weimielies en sojabone as voer vir beeste

                  As weimielies, in sagte saad, en sojabone in peulvorm langs mekaar geplant is, wat se voedingswaarde het dit vir beeste en kalwers? Kan hulle opblaas? Watter tipe grasmengsel kan ook geplant word? Die grond is kleigrond en in die Oos-Vrystaat.
                  • Rosyne as droogtevoeding

                    Is dit veilig om rosyne te gee aan bees en skaap tydens die huidige droogte in die Noord-Kaap? Indien wel, moet dit saam met ander droë voer of lek gemeng word of kan dit op sy eie gegee word? Watter hoeveelheid per dier per dag kan gegee word?

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X