Regskenner

Woonreg geld vir hele eiendom

Vraag

My man het sy ouerhuis geërf maar sy suster het woonreg van die groot woonhuis. Wie is verantwoordelik vir die maandelikse versekeringspremie, munisipale skuld (wat sy vir drie jaar nie betaal het nie en met R8000 agterstallig is). Wie is verantwoordelik vir instandhouding van die woning want dit word nie onderhou nie? Mag sy suster huurders in neem? Sy het die motorhuis sonder my man se medewete verhuur.

Antwoord

U maak melding van haar woonreg van “die groot woonhuis”, maar u meld nie of daar verdere wooneenhede op die woonerf is nie. Woonreg het betrekking op die erf met al die geboue daarop. Woonreg kan nie verleen word slegs ten opsigte van die een eiendom op die grond nie.

Die rede hiervoor is dat woonreg oor ‘n eiendom in die Registrasie van Aktekantoor geregistreer moet word. Indien eienaars ‘n woonreg vir die “groot woonhuis “ in die aktekantoor wil registreer, moet daar ‘n landmeters-diagram vir die “groot woonhuis” bestaan, wat waarskynlik nie die geval is nie.

Daar bestaan in so ‘n geval dan nie ‘n landmetersdiagram slegs vir die “groot woonhuis” nie,  dus kan die woonreg op die “groot woonhuis “ nie in die aktekantoor geregistreer word sodat u suster ‘n geregistreede woonreg op die huis kan bekom nie.

Haar reg om die “groot woonhuis” te bewoon is dan slegs ‘n kontrak tussen die eksekuteur van die boedel en haarself en geld nie teenoor die wêreld daar buite nie. Haar woonreg ten opsigte van die “groot woonhuis” is dus ‘n gebrekkige reg wat sy nie sal kan afdwing nie.

Sy sal ook geen reg hê om die motorhuis te verhuur nie. ‘n  Woonreg kan slegs ten opsigte van ‘n hele eiendom geregistreer word – woonreg kan nie slegs oor ‘n gedeelte van die eiendom verleen word nie.

*Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
19 Februarie 2018


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X