Regskenner

Wil ma se huis verkoop om boedelskuld te delg

Vraag

My ma het lewensreg op die huis, maar die boedel het skuld. Hulle wil nou die huis verkoop om die skuld te delg. Wat word dan van haar? As hul die huis verkoop gaan sy nie veel kry nie.

Antwoord

Indien ʼn boedel skulde het om te delg en nie oor voldoende fondse daarvoor beskik nie, word bates verkoop om die eksekuteur in staat te stel om die skulde te betaal. In hierdie geval, waar u ma die vruggebruikster van die eiendom is, het sy ʼn beperkte saaklike reg oor die eiendom tesame met die erfgename wat oor die blote eiendomsreg beskik. Haar vruggebruik se waarde word bereken aan die hand van haar ouderdom en die waarde van die eiendom, welke waarde dan ingevolge ‘n formule bereken word.

In geval van ʼn tekort aan fondse, kan die eiendom deur die eksekuteur van die boedel en haarself as vruggebruikster verkoop word om fondse te bekom om die skuld te betaal. Die res van die opbrengs van die verkoop van die eiendom, kan ingevolge ‘n ooreenkoms tussen haar en die erfgename verdeel word. Die eksekuteur sal haar en die erfgename behulpsaam wees om die fondse wat oorbly, te verdeel.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.

10 Mei 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X