Regskenner

Verblyfreg vir wit gesin op plaas?

Vraag

My man is nie ‘n plaaswerker nie, maar in diens van die BK/plaaseienaar in ‘n ander hoedanigheid. My man werk reeds 12 jaar vir die firma en sodoende woon ons vir die genoemde tydperk in een van die plaashuise. Op 24 Maart 2017 het hy ‘n ligte beroerte-aanval gekry, en is afgeboek vir 10 dae. Op 25 Junie 2017 was die simptome weer teenwoordig, maar ligter en het wel gedeeltelike probleme veroorsaak. Hy is toe weer afgeboek afgeboek. Die dag wat ek sy sieknota ingee het een van twee base teenwoordig v my gesê julle sal most “planmaak” om my man te “board”, waarop die ander baas vir my gevra het: “Het julle ‘n ander blyplek?” Die eerste woord dat hulle so iets noem. Ons is wit, oor 60 jaar oud en het gratis verblyf/krag vir 12 jaar. Het die permanente verblyfreg ook betrekking op ons?

Antwoord

Die permanente verblyfreg ná 10 jaar is wel op u van toepassing – daar is egter gevalle wat deur die wet uitgesonder word. U sal nie oor permanente verblyfreg op die plaaseiendom beskik indien u bruto salaris (voor aftrekkings) meer as R5 000.00 per maand beloop nie.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.

6 Julie 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X