Regskenner

Regte rakende eiendomsooreenkoms tussen familie

Vraag

Ek en my man het met ons eie geld 'n eenslaapkamerwoonstel op my seun se erf gebou. Ons het ook maandeliks huurgeld betaal. Hy het die plek verkoop en ons net R140 000 uitbetaal. Wat is ons regte om meer geld te kry vir die woonstel?

Antwoord

Hierdie is ‘n informele aksie tussen familie wat tot groot verliese vir die oprigter van die woonstel kan lei. Die ouers beskik slegs oor ‘n verrykkingsaksie teenoor die seun. Die ouers sal hier moet bewys tot watter mate die woonstel  die waarde van die eiendom verhoog het – dit is nie ‘n maklike taak nie.

Vir een koper kan die woonstel iets werd wees, bv. sou hy dit aan buitestanders wou verhuur om inkomste daaruit te verdien. ‘n Ander koper sou kon argumenteer dat hy geen waarde aan die woonstel heg nie en dat dit net nóg ‘n gedeelte van die woonhuis is.

Dus in die bewys van ‘n verrykingsaksie uiters moelik en gekompliseerd. Indien ‘n kontrak met die bou van die woonstel tussen die ouers en die seun gesluit was, soos byvoorbeeld dat die seun met die verkoop van die eiendom die R140 000 plus rente aan die ouers sou terugbetaal, was die eis kontraktueel geldig en maklik bewysbaar.

Sonder ‘n kontrak is dit ‘n ramp  en kan die ouers alles verloor. Projekte soos hierdie moet onder geen omstandighede sonder die hulp van prokureur aangepak word nie – die risiko is bloot te hoog.

*Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
19 Februarie 2018


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X