Regskenner

Permanente verblyf op plaas ná 10 jaar

Vraag

My man het nou ná 18 jaar ʼn huis op die dorp gekry of hy is op ʼn waglys vir ʼn koop huis ook HOP. Ons bly al 18 jaar daar en hy sy hele lewe lank wat 38 jaar is het die eienaar die reg om ons 30 dae kennisgewing te gee om huis leeg te maak. Ons het nog glad nie die ander huis nie wat is sy reg in die geval want met die “government” wat opgeneuk is weet ons nie wanneer die huise gebou gaan word nie. En hy is nou ook ʼn maand van diens af oor verhogingsverskille met die boer. Dankie.

Antwoord

U man en uself is geregtig op permanente verblyf op die plaas indien u man vir 10 jaar of langer in die diens van die eienaar van die plaas was. U familie kan dus nie 30 dae kennis gegee word om die huis te ontruim nie. U beskik oor regte ingevolge die ESTA-wetgewing. Indien u met uitsetting gedreig word, kan u u naaste tak van die Regshulpkliniek (gratis) gaan spreek om u behulpsaam te wees.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.

15 Mei 2017


Kommentaar

Kommentaar (5) “Permanente verblyf op plaas ná 10 jaar

  1. Lourens
    Lourens

    Mens aanvaar mense het regte,maar hoeveel mense moet boere nou so vrywillig huisves op sy plaas. Wie in die ekonomie het ook die plig op hulle om mense te huisves. Prokureur se huiswerker? Tuinwerker? Checkers? Die ministers se huiswerkers? Ens. Vra maar net. Dis net n voorreg om n huis op die plaas te bewoon nie n reg. Alles is nie die Boere se plig of skuld nie. Dis 60jr oud en 10jr diens nie of nie.

  2. trinnity
    trinnity

    Vraag
    my ouers werk nou al vir 15jaar op die plaas,my pa tree volgende jaar af,hulle huis het nou kort afgebrand,hy mag nie meer op die plaas woon nie,van daar kom nou n nuwe voorman in sy ou huis woon,die eienaar gaan hom nou n nuwe huis in die dorp bou maar onder die plaas se naam nadat albei ouers daar gewerk het so as my pa tot n sterf kom word my ma op straat gesit,dan word daar gese hulle kan maar na prokureers toe hardloop hull het hul eie prokureers…soek dringend advies asb kan nie sien dat my ouers so ly nie…

    • Jan Bezuidenhout

      Mnr. Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad, antwoord: U ouers kwalifiseer wel vir permanente woonreg op die plaas, indien hulle langer as 10 jaar daar werksaam was. Dit sluit u moeder in, indien sy u vader se wettige vrou is. Die werkgewer is na die verstryking van die periode van 10 jaar wel geregtig om permanente woning aan u ouers op die dorp beskikbaar te stel. U vader sal dan geregtig om daar vir die res van sy lewensduur te woon – so ook u moeder. U moeder sal nie op straat gesit kan word nie – die Wet op Uitbreiding van Verblyfreg verleen aan haar die reg om vir die res van ook haar lewensduur daar te woon.

  3. Elaine Abelse
    Elaine Abelse

    My ouers het vir meer as 40 jaar op die plaas gewerk ek het ook vir n tydperk op die plaas gewerk. Albei my ouers is nou al oorlede ek woon tans nog in die huis op die plaas die plaas is n jaar gelede verkoop en met die nuwe eienaars staar ek tans uitsetting in die oe. My naam is al 10 jaar op die munisipale behuisings waglys wat is my regte.

  4. Ruben
    Ruben

    Vraag
    Waneer beide jou ouers afgesterf het en julle op n plaashuis woon vir langer as 17 jaar wat is die regte op die kinders wat agter bly in die woning


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X