Regskenner

Vra 'n vraag Indeks van antwoorde

BUTCH VAN BLERK

Mnr. Butch van Blerk praktiseer as prokureur en transportbesorger. Hy dien in kommissies van die Departement van Justisie, die Vereniging van Prokureursordes en die Kaapse Wetsgenootskap.

  • Jou wild op buurman se plaas – is dit nou syne?

    Wat se die wet? As my wilde diere, bv 3 kameelperde die grensdraad breek (die 1e dag van aflewering)en op die buurman se grond wei, (wat 19 kameelperde besit) kan hy hul as syne eis? Hoe kry ons dit terug, terwyl hy onbeskof is en eis dat die wet se dis nou syne. Baie dankie!
    • Twis oor testament?

      Hoe gereeld kan 'n testament hersien word?
      • Huiseienaar verantwoordelik vir inwoner-optredes

        Ek woon aangrensend aan nege Transnet-huise. Hier is drie persone wat huurkontrakte het maar die res van die huise word onwettig bewoon. Transnet voorsien nie water of rioolverwydering nie. Die munisipaliteit bring so nou en dan 5000l water daarheen, intussen leef die mense van staatstoelae en diefstal vanaf die treine en omliggende boere en 'n sjibeen en dagga-handel. Die riool word enige plek in die veld uitgegooi. Hierdie aangeleentheid was al baie die laaste vyf jaar onder Transnet-behuising se aandag…
        • Oordragkostes

          Wat sal die oordragkostes wees van 'n huis wat vir R360 000 verkoop word? Daar is blykbaar geen hereregte betaalbaar nie, maar wel oordragkostes. Kan iemand my dalk help met 'n bedrag vir die oordragkostes?
          • Regte op ‘n serwituut-pad

            Ons het in November 2006 ‘n 47 ha plasie gekoop in Mpumulanga. Toegang tot ons plaas is by wyse van ’n serwituut-pad wat verby en deur ons buurman se plaas is. Die pad is reeds meer as 30 jaar in gebruik en die inligting het ons verkry deur Terra Plan wat lugfoto’s aangevra het vanaf Kaapstad om die feit te staaf. Ons het die plaas omskep in ’n vakansie-oord met akkommodasie en het hom laat hersoneer as “commercial/agricultural”. Die eerste…
            • Grensdrade en buurmanskap

              Wie moet die grensdrade in stand hou tussen 'n bees- en mielieboer? Ek wil nie pla nie maar sit gisteraand deur LBW en lees. Die manne skryf oor aanspreeklikheid van vee wat op die buurman se grond loop en dan oor diere in die pad, ens. Dit is niks nuuts nie. Ek sal graag hulle kommentaar wil kry oor die verantwoordelikheid om draad instand te hou tussen twee boere. Veral 'n beesboer en 'n mielieboer. Vir wie is die draad…
              • Serwituut op erf

                As jy ‘n serwituut oor jou erf in ‘n dorp het, mag jy dit toekamp met hekke en slotte en net vir die inwoners sleutels gee, en mag jy honde op die erf hê om jou goed te beskerm? Die erf (serwituut) loop deur my erf na ‘n woonstelblok wat se parkering langsaan is. Charl
                • Serwituut op water uit boorgat

                  Goeiedag, Die beplanning is om 'n stuk van my plaas aan my buurman te verkoop. Die grond sal opgemeet word, afgesny en dan met sy grond gekonsolideer word. Ek wil egter graag sover moontlik die alleenreg op die gebruik van die 2 bestaande boorgate op die grond behou. Ek wil ook graag die reg behou om weer te mag boor, indien nodig. Wat is belangrike punte om te beskryf en/of in agteneem met die opstel en registrasie van so 'n…
                  • Regte oor die reg van weg

                    Het die eienaar van die grond die reg om spoedbulte, stopborde ens. sonder die toestemming van mede gebruikers/eienaars aan te bring. Volgens die persoon is die stopborde,spoedbulte ens by die geregistreer by die nodige magtigings kantore. Van wanneer af word 'n stopteken in elk geval opgesit by 'n ingangspad (driveway) na huise? Watter regte het ek as gebruiker van die pad. NS. Die spoedbulte is so hoog gegooi dat jou motor se onderstel vashak al stop jy dood om oor…
                    • Vereistes vir lyndraad

                      Wat is die wet se standpunt op wat "stockproof" behels? Is dit soos die ou gebruik van 6 drade en 4 voet hoog? Wat gemaak waar 'n grondpad die plaas skei en die drade net 5 drade 3 voet is? Jy het dus geen buurman behalwe jouself. Wie is dan saam met jou verantwoordelik vir die instandhouding van die draad? Die distriksmunisipaliteit? En waar die plaas in 'n gebied val waar die rivier bv. die Hartbeesrivier die deur die plaas…

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X