Regskenner

Vra 'n vraag Indeks van antwoorde

BUTCH VAN BLERK

Mnr. Butch van Blerk praktiseer as prokureur en transportbesorger. Hy dien in kommissies van die Departement van Justisie, die Vereniging van Prokureursordes en die Kaapse Wetsgenootskap.

  • Verblyfreg vir wit gesin op plaas?

    My man is nie ‘n plaaswerker nie, maar in diens van die BK/plaaseienaar in ‘n ander hoedanigheid. My man werk reeds 12 jaar vir die firma en sodoende woon ons vir die genoemde tydperk in een van die plaashuise. Op 24 Maart 2017 het hy ‘n ligte beroerte-aanval gekry, en is afgeboek vir 10 dae. Op 25 Junie 2017 was die simptome weer teenwoordig, maar ligter en het wel gedeeltelike probleme veroorsaak. Hy is toe weer afgeboek afgeboek. Die dag…
    • Verkoop van plaasprodukte aan publiek

      Goeie môre. Ek soek inligting. Met melk en eiers wat ons dorp toe vervoer en by huise verkoop. Moet ek bewys by my dra om te sê produk is myne? Polisieman my af getrek en aangedring hy soek bewys dat produkte myne is en nie gesteel is nie. En hy gesê ek moet lisensie hê om produkte te mag verkoop. Moet ek bewys van produkte hê en lisensie. Melk en eiers maak nie eens halfton bakkie vol nie.
      • Ontneming van gebruik van reg van weg

        Waarde Heer, My navraag het ook betrekking oor ‘n reg van weg ten gunste van my eiendom. My buurvrou het die aangrensende eiendom ge-erf. Haar vader was ‘n ware heer en het ek nooit probleme gehad. Vandat sy die eiendom bekom het, is dit al die derde geval waar sy of haar man serwitute eenvoudig oorneem asof dit aan hulle alleen behoort. Eers ons gesamentlike waterkas waaroor sy ‘n deksel aangebring het aangesien haar water kwansuis verminder het. Ek het…
        • Boer deur besigheid of in trust

          As jy 'n boerderybesigheid het en ook 'n aandeel van 80% in 'n trust (wat landbougrond bevat), sal dit meer baat om die trust se grond uit te huur aan my eie besigheid (met die trust se goedkeuring) of sal ek meer baat deur die grond deur die trust te boer en net 80% wins vat?
          • Oordragkoste op huis

            My pa en ma het hul huis klaar afbetaal en hulle wil graag die huis op my naam sit. Dit is my erfporsie. Hulle het toe na hulle bank toe gegaan om te hoor hoeveel die oordragkoste sal wees en hulle het gese R300 000,00. Ons stres nou baie want ons het soveel geld nie. Is daar iets anders wat ons kan doen om die huis oor te sit in my naam. Wat nie so duur is nie.
            • Vruggebruik: Die kan en kan nie’s

              My man is die eienaar van ‘n hoewe waarvan my skoonpa vruggebruik het. Het ons gebruiksreg van die grond en geboue? Mag ons bv. ‘n stoorkamer gebruik of van die vrugte op die hoewe gebruik? Ons het wel mondelingse goedkeuring van my skoonpa ontvang om dit te gebruik. Mag hy dit nou terugtrek?
              • Wil fonteinwater bottel en verkoop

                Middag, Ek het 'n natuurlike waterbron op my plaas (fontein) en wil die water bottel en bemark. Ek het labratoruim toetse laat doen en die water is geskik vir hierdie doel. Wat is die wetlike aspekte en watter ander wette/regulasies is daar wat nagekom moet word voordat ek met so iets kan begin?Watter lisensies en of sertifikate moet in plek wees en waar doen ek aansoek daarvoor? Groete, Nic
                • Watergebruiklisensie in Bloemfontein

                  Wie kan my behulpsaam wees met aansoek vir watergebruikslisensie in Bloemfontein
                  • Vraag oor waterregte

                    Ons koop 'n plaas so drie jaar terug. Plaas was een groot stuk grond, maar toe die oupa sterf, bemaak hy die grond aan twee broers wat dit toe opdeel. Ons koop toe die een deel waarop die oorspronklike huis op is by die een broer. Die water van hierdie huis het al die jare gekom van die ander broer se grond met geen geboue of huis op nie, slegs vee met hul watertenk. 'n Mondelingse ooreenkoms (niks op papier…
                    • Kan ek plaas koop voordat dit na trust gaan?

                      As jy weet dat as jou oupa sterf, jou ouma die grond sal erf, en, nadat jou ouma sterf, dit na ʼn trust toe gaan. Sal jy die plaas by jou oupa of ouma kan koop vóór dit trust of ouma toe gaan, en wat sal die implikasies daarvan wees en wat sal van die trust of testament word?

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X